

ADVERTISEMENT:

Sport Date: 26 October 2007
Vir die eerste keer in 101 jaar is Laerskool Louis Trichardt se O/13A-krieketspan die provinsiale krieketkampioene.
"Ons is besig om die annale na te slaan, maar dit lyk of dit die eerste keer in die 101-jarige geskiedenis van die skool is dat ons Limpopo wenners is," sê die skoolhoof, mnr. Louis Linde. Die skool se O/13A-krieketspan is die kampioene in die grootskoolliga.
"Wat die prestasie meer merkwaardig maak, is dat Laerskool Louis Trichardt in hul ligawedstryde teen Oosskool verloor het en ook met ses lopies teen Suidskool. Die skool het egter by die agterdeur ingesluip deurdat Suidskool, Tzaneen en Louis Trichardt gelykop tweede geëindig het. Op grond van kolf en boulgemiddelde is Louis Trichardt as die naaswenners aangewys," skets mnr. Linde die agtergrond. .
In ‘n spannende wedstryd speel Louis Trichardt op 11 Oktober as naaswenners teen Laerskool Thabazimbi, die wenner van die Suide. Triegies wen die wedstryd met ses lopies. Intussen skakel Krugerpark van Mokopane (Potgietersrus) vir Oosskool op verrassende wyse uit.
Die groot dag het aangebreek toe Laerskool Louis Trichardt en Krugerpark op 17 Oktober in Polokwane teen mekaar te staan kom.
"Dit was van die begin af duidelik dat Louis Trichardt hierdie beker wil wen," sê mnr. Linde.
Louis Trichardt kolf eerste en teken 115 lopies aan. Kolwers Talita Kloppers en Eben Petzer lewer goeie bydraes.
"Daarna bring ons boulers hulle kant en boul Krugerpark uit vir 88 lopies. Laerskool Louis Trichardt wen met 27 lopies en is die Limpopo wenners!" sê mnr. Linde.
Sohail Nakedar neem vier paaltjies en goeie boulvertonings word ook gelewer deur Riaan Hamman (drie paaltjies) en Eben Petzer (twee paaltjies).
Linda van der Westhuizen has been with Zoutnet since 2001. She has a heart for God, people and their stories. Linda believes that every person is unique and has a special story to tell. It follows logically that human interest stories is her speciality. Linda finds working with people and their leaders in the economic, educational, spiritual and political arena very rewarding. “I have a special interest in what God is doing in our town, province and nation and what He wants us to become,” says Linda.

ADVERTISEMENT:
