

ADVERTISEMENT:

Sport Date: 18 April 2008
Die Hervormde Kerk Louis Trichardt-gemeente kan na afloop van hul gemeente se hengelkompetisie op die plaas Hermanus naby Mopanie hulself op die skouers klop vir ‘n uiters suksesvolle dag.
Alle verwagtinge is oorskry ten opsigte van kaartjieverkope met meer as 150 hengelaars (seniors en juniors) wat vroeg Saterdagoggend, 12 April, die stofpad na die plaas aangedurf het om ‘n lyntjie te gaan na maak. Daar was ook heelwat mense wat sommer al die vorige aand by die dam gaan kamp het. Die plaasdam is goedgunstiglik vir eenmalige gebruik deur die plaaseienaar, mnr. Willem van der Merwe, beskikbaar gestel.
Met die kompetisie wat om 05:00 in die donker reeds begin het, was dit teen dagbreek al duidelik dat die dag goeie vangste van veral kurpers sou oplewer.
Oud en jonk, insluitend ouma en oupa, pa en ma, die kinders en selfs kleinkinders, het lyne in die water gehad.
Daar was behoorlik nie tyd vir stilsit nie, want die kurpers het gebyt! Ook nie daardie ou kleintjies nie, nee, almal hier in die omgewing van ‘n halwe kilogram. Daar het ook ‘n paar mooi karps uitgekom, alhoewel die groter babers maar skaars was. Klein babertjies was egter in oorvloed.
Met inweeg die middag het die hengelaars nader begin staan met letterlik hounette vol vis. Van die omstanders het opgemerk dat dit hulle nie sal verbaas nie as daar in totaal meer as ‘n duisend vis (meestal kurpers) die dag gevang is nie. Meeste van die hounette het vir tussen 3kg en 10kg ingeweeg, met ‘n paar van tussen 10kg en 20kg, 20kg en 30kg en een van net oor die 40kg. Laasgenoemde hounet het behoort aan Rossie Bezuidenhout wat die prys gewen het vir die swaarste sak vis (seniors) van 40,01kg. Die swaarste kurper wat in die afdeling vir seniors geweeg is, het behoort aan Bruce Milton, terwyl hoërskoolleerling Tokka Linde weggestap het met die prys vir die swaarste baber (1,84kg). Die swaarste karp (6,89kg) van die dag in die senior afdelings is gevang deur Andries van Zyl. Dit kan maar net genoem word dat vrouehengelaar Christelle Viljoen die swaarste sak vis gehad het (21,87kg) tot Rossie by die skaal opgedaag het.
Wat die juniors betref eindig Michael Milton (Bruce se seun) en Christie Nel gesamentlik eerste in die afdeling vir swaarste kurper, nadat beide se vis vir 0.59kg inweeg. Christie se karp van 1,21kg besorg ook aan hom die junior prys vir swaarste karp, terwyl Christelle se dogter, Lindsay Viljoen, wegstap met die junior prys vir swaarste sak vis van 11.5kg. Die junior wat die swaarste baber gevang het, was Hannes Buitendach met sy vangs van 0,4kg.
Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

ADVERTISEMENT:
