

ADVERTISEMENT:

Sport Date: 02 May 2008
Hoërskool Louis Trichardt het geskiedenis gemaak deur as algehele wenners van vanjaar se Super16-reeks uit die stryd te tree. Die finaal van die TUT Super 16-reeks is op 26 April by die sportvelde van die Tshwane Universiteit van Tegnologie beslis.
Verlede jaar was Triegies gelyk tweede saam met Nylstroom, terwyl Warmbad gewen het. Vanjaar het Hoërskool Louis Trichardt die beker weggeraap voor Hoërskool Warmbad en Hoërskool John Vorster van Nigel, wat gelyk tweede was. Hoërskool Nylstroom het in die vierde plek geëindig.
In die Super 16-reeks van TUT, wat vanjaar vir die derde keer aangebied is, ding skole van dieselfde grootte mee in atletiek, rugby, netbal en hokkie.
Die rugbyafrigters van die skool is nie bietjie trots nie, want die skool se rugby het die trofee vir die algehele rugbywenners ingepalm. Al vier die rugbyspanne het onder die top drie geëindig.
Triegies se meisies O/16A hokkiespan het onoorwonne uit die stryd getree en het die enigste spantrofee huis toe gebring. Dit was nadat Lezahn Vollgraaff en Isabel Graham gesorg het vir twee strafhoukompetisiedoele wat die Super 16 oorwinning aan hul span besorg het.
Die O/16’s het met twee doele teen een stof in Nylstroom se oë geskop.
"Die algemene standaard van die verskillende sportspanne het as gevolg van die Super 16 oor die laaste drie jaar geklim, omdat daar ‘n ander vlak van kompetisie was. Dit het gemaak dat al ons spanne vanjaar in hoër plekke geëindig het en ons algeheel gewen het. Al die opoffering met die afstande se ry was die moeite werd," het die skoolhoof, mnr Henry Denner, gesê. Buiten die O/16 meisieshokkiespan wat gewen het, het die meeste ander spanne vir die tweede, derde of vierde posisie gespeel. Die atletiekspan het algeheel derde geëindig.
Die wintersportspanne het drie maal na Pretoria gereis en een maal elk na Middelburg en Modimolle (Nylstroom).
"Die Super 16 vervang die vriendskaplike wedstryde en is beter gestruktureerd met ‘n beter doelwit as die vorige stelsel. Dit is ‘n goeie voorbereiding vir die ligawedstryde en ‘n goeie bou vir sport. As ons dit kan bekostig, sal ons aanhou om in die Super 16 te speel," sê mnr. Denner.
Die meisieshokkie-uitslae toon dat die O/14A’s algeheel derde eindig nadat hulle Nylstroom 1-0 verslaan. Die O/15A-span verloor 1-0 teen Afrikaans Hoër Sasolburg en eindig algeheel vyfde. Die eerstes wen 1-0 teen John Vorster en eindig algeheel vyfde.
Die netbalspanne buig almal die knie in die finaal. Die O/14’s verloor 9-17 teen John Vorster en eindig algeheel tweede, die O/15’s (algeheel vierde) verloor 8-24 teen Hoërskool Erasmus van Bronkhorstspruit en die O/16’s verloor naelskraap 12-14 teen Hoërskool Patriot van Witbank en eindig ook algeheel vierde. Die eerstes (algeheel twaalfde) verloor 22-31 teen Patriot.
In die finaal verloor die eerstespan 8-28 teen Nylstroom en eindig algeheel tweede. Die, die O/16A’s verloor 0-19 teen John Vorster en eindig ook algeheel tweede. Die O/15A-span wen 17-12 teen Germiston Afrikaans Hoër en eindig algeheel derde, terwyl die O/14A’s Nylstroom klop met 12 punte teenoor 5 en algeheel derde eindig.
Linda van der Westhuizen has been with Zoutnet since 2001. She has a heart for God, people and their stories. Linda believes that every person is unique and has a special story to tell. It follows logically that human interest stories is her speciality. Linda finds working with people and their leaders in the economic, educational, spiritual and political arena very rewarding. “I have a special interest in what God is doing in our town, province and nation and what He wants us to become,” says Linda.

ADVERTISEMENT:
