

ADVERTISEMENT:

Sport Date: 09 May 2008
Die belowende jong ruiter van Louis Trichardt, Lanel van Nieuwenhuizen, is die wenner van ‘n uithourit in Chile, Suid-Amerika.
Lanel (16) is een van twee Suid-Afrikaanse jong ruiters (14 tot 21jaar) wat uitgenooi is deur die Chile Endurance Equestrian Association om op 15 Maart in Santo Domingo deel te neem. Lanel was nie alleen die wenner van die jong ruiters nie, maar ook die algehele wenner van die hele uithourit oor 120 km.
Die rit het uit vyf bene bestaan en was ‘n internasionale drie-ster FEI (Federation Equestrian International) rit.
"Die mense van Chile is baie vriendelik en dis ‘n baie mooi land. Die meeste van die mense praat net Spaans. Hulle kos is baie lekker," sê die Van Nieuwenhuizens. Lanel is ‘n Graad 10-leerling van Stanford Lake College. Die ander jong Suid-Afrikaanse ruiter het ongelukkig nie die afstand voltooi nie.
Lanel het ‘n trofee ontvang tydens die prysuitdelingsseremonie waar Gerhard Kotzé, Suid-Afrika se internasionale verteenwoordiger by die FEI vir jong ruiters, ook teenwoordig was.
Linda van der Westhuizen has been with Zoutnet since 2001. She has a heart for God, people and their stories. Linda believes that every person is unique and has a special story to tell. It follows logically that human interest stories is her speciality. Linda finds working with people and their leaders in the economic, educational, spiritual and political arena very rewarding. “I have a special interest in what God is doing in our town, province and nation and what He wants us to become,” says Linda.

ADVERTISEMENT:
