

ADVERTISEMENT:

Sport Date: 26 November 2004
MAKHADO (LOUIS TRICHARDT) - Plaaslike diepseehengelaar, Dean McGee, en spanmaats van die Seaducer-hengelspan het vir ‘n derde agtereenvolgende jaar daarin geslaag om die baie gewilde Billfish 15000 by Sodwana te wen.
Die Billfish 15000 word jaarliks deur die Dorado Skibootklub van Carletonville gereël en aangebied en lok telkens diepseehengelaars van regoor die land. Die rede hiervoor is die baie groot pryse waarvoor daar meegeding word. Dean en mede-spanmaats Garth McGee (Lydenburg), Mike Robberts (Dullstroom), Steyn Jacobson (Brakpan) en Abrie Scherman (Brakpan) was vanjaar weer daar om hul titel te verdedig.
Die Seaducer-span spog reeds met twee diepsee-skibote en twee oorsese toere na Italië wat hulle die vorige twee jare as eerste pryse gewen het. Hulle het vanjaar weer skoonskip gemaak tydens die kompetisie wat in die tweede week van November aangebied word, met hul vangste van twee swart- en een gestreepte marlyn. Die visse is gevang en weer vrygelaat. ‘n Vasgestelde hoeveelheid punte word toegeken vir elke vis wat weer vrygelaat word.
Dean en sy spanmaats se prys hierdie jaar sluit in ‘n weeklange betaalde hengelekspedisie na Sicilië waartydens hulle die viswaters gaan fynkam vir blouvin-tuna. As ‘n ekstra bonus steek die span ook R95 000 in prysgeld in die sak. Dean sê dat hulle die hengeltog in Augustus volgende jaar gaan meemaak, aangesien dit klaarblyklik die beste tyd is om blouvin-tuna te vang.
Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

ADVERTISEMENT:
