ADVERTISEMENT:

 

Johan Duvenhage van Hanglip (voor) vertoon trots die 9,34kg karp wat Sondag aan hom ´n eerste plek besorg het tydens die Hanglip Hengelklub se Sondagliga-bepaling teen Flurian by die Tzaneendam. Saam met hom is spanlede van Hanglip (HLP) en Flurian (FLU). Agter hom, van links, is Andries van Zyl (HLP), Groenies Groenewald (FLU), At Goosen (FLU), Barend Visagie (HLP) en JP Visagie (HLP). Heel agter is Henry van den Berg (HLP), Dirk van den Berg (HLP), Koos Erasmus (FLU), Christelle Viljoen (HLP), Louis van Wyk (HLP), Trudy Snyman (FLU), Conrad Vosloo (FLU) en Willem Mollentze (HLP). Zantie Pohl het die foto geneem - met sy seer vinger en al.

Knewel karp help besorg Hanglip ´n vyfde oorwinning

 

Sport  Date: 13 June 2008

 

Die Hanglip Hengelklub het die afgelope naweek hul vyfde agtereenvolgende oorwinning ingepalm in die klub se Sondagliga teen die Flurian Hengelklub van LMB Louis Trichardt by die Tzaneendam.

Hanglip se oorwinning was grootliks te danke aan hengelaar Johan Duvenhage van Tzaneen wat vroegoggend ‘n knewel van ´n karp van 9,34kg gevang het. Dit is tans die eerste klubrekord vir die jong klub. Vir spanmaat Zantie Pöhl was die vangs egter bietjie van ‘n pynlike ervaring. Toe hy probeer het om een van die twee hoeke uit die vis se mond te haal, het die vis skielik geskop en die tweede hoek het sy een hand se wysvinger deurboor. Die hoek is afgeknip en daar is probeer om dit deur die vel uit te druk, maar sonder sukses. Hy is einde ten laaste hospitaal toe waar die hoek uitgesny moes word, waarna hy teruggekeer het om verder te hengel.

Johan was met sy vangste ook die algehele wenner van die dag. Conrad Vosloo van Flurian was tweede en Hanglip se Barend Visagie derde.

Tans loop die Hanglip Hengelklub 5-0 voor in die Sondagliga met vier bepalings oor. Die twee klubs se volgende kragmeting is op 20 Julie by die Glen Alpinedam.

Vir meer inligting oor die Hanglip Hengelklub en aansluiting, skakel Andries by tel. 082 603 2419. Daar word veral gesoek na vroue en juniors wat graag wil aansluit ten opsigte van ‘n moontlik dames- en juniorspan. Die klub is reeds by die provinsie geaffilieer en beoog om vanjaar ‘n span in te skryf vir die Limvov (Limpopo Varswater Oewervereniging) se provinsiale liga.

 

Written by

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines