

ADVERTISEMENT:

Sport Date: 04 July 2008
Die 19-jarige Danie Senekal van Musina het die naweek van 14 en 15 Junie deelgeneem aan die vierde been van die SA Nasionale Kampioenskappe vir vierwielmotorfietse in Botswana en almal aangenaam verras.
Die wedren, wat bekend staan as die “Toyota Kalahari Botswana 1000 Desert Race”, word beskou as die grootste en moeilikste wedren in Afrika as gevolg van die afstand (1 000km) en die wisselende terrein van woestynagtig tot berge, vlaktes en rivierbeddings. Die wedren word oor twee dae beslis.
Met ‘n wegspringposisie van 41ste op dag een, het Danie 30 posisies verbeter en op dag twee het hy 11de weggespring. Probleme was daar egter ook. So 30km in op die wedren van dag een, het die ratkas se derde rat onklaar geraak. Hy moes egter die hele wedren daarsonder klaarkom, wat nie maklik was nie, aangesien dit een van die belangrikste ratte is wat baie gebruik word.

ADVERTISEMENT:
