ADVERTISEMENT:

 

MAC Messina deur na finaal van Boet Fick-liga

 

Sport  Date: 15 August 2008

 

Die MAC Messina Rugbyklub sal op 23 Augustus optree as gasheer van die finale rondte van die jaarlikse provinsiale Boet Fick-rugbyliga.

Dié eer het die klub te beurt geval, nadat ‘n skittervertoning deur MAC Messina se eerstespan in die semi-finale rondte van die liga wat die afgelope naweek in Polokwane beslis is. Die span eindig bo-aan die provinsiale punteleer, nadat hulle op die Peter Mokaba Stadion 62-14 met Letaba afreken. Pietersburg Dorp klop op hulle beurt vir Noordelikes met 25-21, wat sal beteken dat die twee wenspanne nou mekaar die stryd sal aansê in die finaal om te bepaal wie die provinsiale wenners is.

In die tweedeliga kraai MAC Messina se gekombineerde Levubu-span ook koning deur Noordelikes 26-8 te klop en sodoende deur te dring na die finaal. Hulle sal in die finaal te staan kom teen Pietersburg Dorp se tweedes, wat die afgelope naweek 18-10 met Letaba afgereken het.

Die MAC Musina derdespan het in die semifinaal teen Pietersburg dorp verloor en die derdeliga finale sal tussen Noordelikes en Pietersburg Dorp gespeel word.

Die MAC Musina Rugbyklub het al hul ondersteuners in Musina, Levubu en Louis Trichardt bedank vir hulle ondersteuning gedurende die seisoen en ‘n beroep gedoen op hulle om die spanne op 23 Augustus in Musina met die finaal te kom ondersteun. Die dag se verrigtinge skop om 12:00 af met ‘n wedstryd tussen MAC Musina 3 en Hoërskool Eric Louw se eerstespan. Die wedstryd tussen Noordelikes 3 en Pietersburg 3 volg om 13:10, waarna MAC Messina/Levubu 2 en Pietersburg 2 om 14:30 op die veld sal draf. Die hoofwedstryd van die dag tussen MAC Messina 1 en Pietersburg 1 volg om 17:00.

 

Written by

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines