ADVERTISEMENT:

 

Lede van die Soutpansberg Muurbalklub wat na afloop van die Suid-Afrikaanse muurbaltoernooi in Durban provinsiale kleure verwerf het. Voor, van links, is Cilliers Vosloo, Ronel Welman en Theo Schlieben. Agter is Bertus Guillaume, Johan van Nieuwenhuizen, Dirk du Preez en Jacques Smalle. Afwesig: Deon Greyling, Jan Kleynhans en Hannes Spies.

Soutpansberg se muurbalspelers beïndruk tydens SA Meesters

 

Sport  Date: 19 September 2008

 

Louis Trichardt se muurbalspelers het hulself goed van hul taak gekwyt tydens die Suid-Afrikaanse meesters muurbaltoernooi wat vanaf 5 tot 10 September in Durban beslis is.
Nagenoeg 880 muurbalspelers van reg oor die land het hul provinsies verteenwoordig en meegeding in ouderdomsgroepe binne 5-jaar intervalle vanaf 35 jaar tot 70 jaar, Daar was ook ‘n afdeling vir persone 70 jaar en ouer. Binne elke ouderdomsgroep het spanne dan volgens krag in A- tot E-afdelings meegeding.
Die Soutpansberg Muurbalklub het, soos in 2007, weer 10 van die 25 spelers opgelewer wat Limpopo verteenwoordig het. Die lede wat provinsiale kleure verwerf het was Cilliers Vosloo, Johan van Nieuwenhuizen en Jan Kleynhans in die afdeling vir mans tussen 50 en 54; Deon Greyling (mans tussen 45 en 49 jaar); Hannes Spies en Bertus Guillaume in die afdeling vir mans tussen 40 en 44 jaar; Dirk Du Preez, Jacques Smalle en Theo Schlieben in die afdeling vir mans tussen 35 en 39 jaar; en Ronel Welman in die afdeling vir vroue tussen 40 en 44 jaar.
Limpopo het uitstekend gevaar en eindig derde onder die kleiner provinsies. Die mans 50 tot 54-, 35 tot 39- en 45 tot 49-spanne het elk derde uit agt spanne geëindig, terwyl die mans 40 tot 44-span vierde uit agt spanne geëindig. Die Limpopo dames het die beste presteer en eindig tweede uit vyf spanne in die 40 tot 44- afdeling.
Die standaard van die toernooi was hoog en van die klub se lede het vir die eerste keer provinsiaal meegeding en so kosbare ondervinding opgedoen. Die 2009 SA Meesters word in Kaapstad aangebied.
Die klublede het hul dank uitgespreek teenoor die Soutpansberg Muurbalklub, Limpopo Squash, asook Rodney Cooper vir hul borgskappe en finansiële ondersteuning.

 

Written by

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines