ADVERTISEMENT:

 

Die drie luggeweerskuts van Limpopo wat beïndruk het tydens die SAARA-kampioenskappe. Van links is Chrizanne Wagner (Tzaneen), Vincent van As (Louis Trichardt) en Willem Pieterse (Louis Tri-chardt). Foto verskaf.

Luggeweerskuts beïndruk tydens SA’s

 

Sport  Date: 24 October 2008

 

Die provinsiale luggeweerspan, wat ‘n hele paar skuts van Louis Trichardt insluit, het op 1 en 2 Oktober hul slag gaan wys tydens die nasionale SAARA (South African Air Rifle Association) kampioenskappe op Douglas in die Noord-Kaap.

Daar was veral drie van Limpopo se skuts wat goed presteer het en plekke verower het. Onder hulle was Vincent van As en Willem Pieterse van Louis Trichardt en Chrizanne Wagner van Tzaneen.

Chrizanne eindig eerste in die Springer-afdeling se O/16 3 Posisie met ‘n telling van 433 uit ‘n moontlike 600. Haar SAARA-kwalifiserende telling besorg ook aan haar SAARA-kleure.

Vincent behaal op sy beurt ‘n eerste plek in die O/14 3 Posisie Sporter-afdeling met ‘n telling van 525 uit 600 en ‘n derde plek in die O/14 10m Sporter-afdeling met ‘n telling van 495 uit 600. Ook sy kwalifiserende tellings besorg hom SAARA-kleure in beide afdelings.

In die O/20 10m Sporter-afdeling eindig Willem derde met ‘n telling van 500 uit 600. In die 3 Posisie Sporter-afdeling skiet hy 525 uit 600. Hy behaal sy SAARA-kleure in eersgenoemde afdeling.

Ander plaaslike skuts wat deelgeneem het maar nie plekke kon inpalm nie, was Johan Holtzhausen, Jeanette Rademeyer en Etienne Hendricks.

Die skuts en spanbestuur het hul dank uitgespreek teenoor almal wat hul deelname moontlik gemaak het, naamlik Werda Motors vir die windbrekers, Noorde Wapens vir die hemde, Khoroni Hotel & Casino en Power Aid vir die sportsakke, LCV vir die borduurwerk en al die ander borge wat finansieel bygedra het.

Vir meer inligting oor die sport, skakel Michael Rademeyer by tel. 084 400 0296.

 

Written by

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines