ADVERTISEMENT:

 

Me. Cronnie Cronjé en die O/16 meisieskrieketspan van Hoërskool Louis Trichardt wat as ligawenners van die Limpopo Provinsie uit die stryd tree.

Triegies se O/16-meisies maak weer skoonskip

 

Sport  Date: 31 October 2008

 

Die meisies O/16-krieketspan van Hoërskool Louis Trichardt is gekroon as ligawenners van die Limpopo Provinsie.

Hulle het Saterdag, 25 Oktober, in die finaal teen Hoërskool Merensky in Polokwane gespeel. Triegies vertoon goed en wen gemaklik.

Vandat die O/16-liga in 2006 ingestel is, het Hoërskool Louis Trichardt se O/16’s elke jaar hul merk gemaak. In 2006 was hulle ligawenners en in 2007 het hulle die trofee gedeel met Merensky.

“Vanjaar het hulle behoorlik gewen,” sê hul afrigter, me. Cronnie Cronjé.

“Die meisies het baie hard geoefen en die hele seisoen hulle kant gebring. Hulle het pragtig ontwikkel en het verdien om te wen”.

Die O/16’s het skoonskip gemaak in die liga en al hulle ligawedstryde hierdie seisoen gewen. Hul opponente was Merensky, Pietersburg Hoërskool, PEPPS en Capricorn.

In die finaal wen Triegies die loot en stuur Merensky in om eerste te kolf. In die 33ste beurt het Louis Trichardt hulle almal uitgeboul vir 82 lopies.

Caroline Joubert neem drie paaltjies, Anet Fraser neem twee paaltjies en een paaltjie elk word ingepalm deur Maryka Jordaan, Karlien Grobler, Marissa de Wet en Merinda Botha.

Merensky het ‘n teiken gestel van 83 lopies en Triegies teken die wenlopie aan in die 19de beurt, met vier paaltjies staande. Die kolwers van Triegies wat uitgestaan het was Maryka Jordaan en Anet Fraser. Maryka word aangewys as die Beste Kolwer van die Reeks en Anet word bekroon as Beste Bouler.

Me. Cronje betuig haar dank aan die hoof, mnr. Henry Denner, vir sy bystand en afrigting, me. Elsa Kriek vir die reëlings, mnr. Gerard Rousouw vir sy hulp met veldwerkafrigting, asook aan al die ouers en borge.

 

Written by

Linda van der Westhuizen

Linda van der Westhuizen has been with Zoutnet since 2001. She has a heart for God, people and their stories. Linda believes that every person is unique and has a special story to tell. It follows logically that human interest stories is her speciality. Linda finds working with people and their leaders in the economic, educational, spiritual and political arena very rewarding. “I have a special interest in what God is doing in our town, province and nation and what He wants us to become,” says Linda.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines