

ADVERTISEMENT:

Sport Date: 28 November 2008
Stoei en die Coetzee-gesin in Louis Trichardt is al amper sinonieme. Tydens Limpopo Stoei se jaarlikse prysuitdeling het drie Coetzees erekleure ontvang.
Pa Dirk Coetzee het erekleure ontvang vir jare diens as afrigter en beampte, asook jare se diens in die provinsie en toewyding aan stoei. Dirk is vir die vyfde agtereenvolgende jaar as die president van Limpopo Provinsie Stoeivereniging verkies en is die afgelope 13 jaar die voorsitter van die Louis Trichardt Stoeiklub.
LJ Coetzee, die jongste van die Coetzee stoeiers, het erekleure ontvang vir 15 jaar se aaneenlopende stoei. LJ het van kleins af ‘n natuurlike talent vir stoei en hy is baie lief vir kinders. Hy rig die afgelope twee jaar stoei af en die ouers het groot waardering vir hom as afrigter. Stiaan Coetzee het erekleure ontvang vir 10 jaar aaneenlopende stoei. LJ en Stiaan het beide vir nege jaar lank elke jaar op Suid-Afrikaanse vlak aan stoei deelgeneem.
Ouboet Dirk het die tien jaar aaneenlopende stoei erekleure gemis met ongeveer een jaar.
“Vyftien jaar terug, toe die klub begin het, het die seuns begin stoei en pa Dirk het saam met die seuns betrokke geraak en later met afrigting begin en so beampte geword. Hy het as kind ook kompeterend gestoei,” sê ma Carien Coetzee, wat ook al die jare langs die stoeimatte gesien kan word.
Limpopo Stoei se prysuitdeling het op 22 November in Thabazimbi plaasgevind.
Linda van der Westhuizen has been with Zoutnet since 2001. She has a heart for God, people and their stories. Linda believes that every person is unique and has a special story to tell. It follows logically that human interest stories is her speciality. Linda finds working with people and their leaders in the economic, educational, spiritual and political arena very rewarding. “I have a special interest in what God is doing in our town, province and nation and what He wants us to become,” says Linda.

ADVERTISEMENT:
