

ADVERTISEMENT:

Sport Date: 23 January 2009
Dewald Stroebel, uitmuntende skaakspeler van Laerskool Louis Trichardt, het vyfde in die land geëindig in die Suid-Afrikaanse Junior Skaakkampioenskappe se individuele kragmeting.
Dewald het in die O/10-kragmeting uitstekend gevaar deur ses uit die nege wedstryde te wen, twee gelykop te speel en een te verloor. Hy het sy pad oopgeveg vanaf ‘n 43ste posisie op die ranglys na nommer vyf in Suid-Afrika.
Die individuele kompetisie het plaasgevind vanaf 12 tot 17 Desember by die Noordwes Universiteit in Potchefstroom. Die nasionale O/10-wenner was D Barrish van die Westelike Provinsie.
“Die lekkerste van die kompetisie was die laaste wen,” sê Dewald. Dit was teen sy opponent Pavlas, ook van die Westelike Provinsie. “Dit was ‘n moeilike spel. Hy het gevra vir ‘n gelykop uitslag, maar ek het dit nie aanvaar nie. Teen die einde het ek voorgeloop met ‘n paar stukke en hom geforseer sodat hy ‘n stuk verloor het,” sê Dewald. Dié wedstryd het twee en ‘n half ure geduur, ‘n lang tyd vir ‘n jong spelertjie om stil te sit en te konsentreer. Dié oorwinning het gesorg dat Dewald opskuif na die vyfde posisie en onder die top 10 eindig.
Dewald het tydens die prysuitdeling aan die einde van die toernooi ‘n medalje en sertifikaat ontvang as erkenning van sy posisie en is saam met sewe ander spelers genooi na die geslote SA Kampioenskappe wat in April gehou sal word.
“In die individuele kompetisie het Dewald alleen die vaandel gedra vir die provinsie, toe hy die enigste Limpopo-speler was wat aan die individuele kampioenskappe deelgeneem het,” sê ma Anneke Stroebel.
Dewald is vir die afgelope drie jaar lid van die provinsiale O/10-span. In die O/10-spankompetisie, wat op 7 Desember begin het, het Dewald op bord 1 gespeel. Die O/10-Limpopospan het vierde uit agt spanne geëindig in die kampioenskapliga (die top liga). Hulle is vanaf 2008 opgeskuif vanaf die kandidate-liga na die kampioenskapsliga. Dit was ‘n groot verrassing toe dié spannetjie vierde eindig. Die spantoernooi is gewen deur Mid-Gauteng, met Gauteng-Wes en Noord-Gauteng in die tweede en derde plekke.
Linda van der Westhuizen has been with Zoutnet since 2001. She has a heart for God, people and their stories. Linda believes that every person is unique and has a special story to tell. It follows logically that human interest stories is her speciality. Linda finds working with people and their leaders in the economic, educational, spiritual and political arena very rewarding. “I have a special interest in what God is doing in our town, province and nation and what He wants us to become,” says Linda.

ADVERTISEMENT:
