

ADVERTISEMENT:

Sport Date: 20 February 2009
Laerskole van Louis Trichardt en omstreke het op Saterdag (14de) deelgeneem aan ‘n atletiekbyeenkoms by Laerskool Louis Trichardt.
Die deelnemende skole was Laerskole Louis Trichardt, Soutpansberg, Levubu, Tshikondeni en Eltivillas Primêre Skool. Individuele atlete van verskeie privaatskole het ook ingeskryf.
“Dit was ‘n puik byeenkoms waartydens baie rekords verbeter is,” sê die sportorganiseerders.
Van die Triegie-atlete wat rekords verbeter het, het die seuns O/8-atlete, Nsuku Baloyi en Johannes Joubert beide die 80m rekord verbeter, met tye van 12.3s en 13.2s onderskeidelik. Uanea Khangale het die DO/8 60m rekord verbeter met ‘n tyd van 10.2s en haar rekordtyd vir die 80m was 13.2s. Alida Botha was baie na aan Uanea in die 80m en verbeter ook die rekord met ‘n tyd van 13.4s.
By die seuns O/10 hardloop Daniël Joubert die 80m in 11.7 en die 100m in 14.5s. Alli Sefole en Brandon van Zyl verbeter albei die gewigstoot rekord met afstande van 6.63m en 6.61m onderskeidelik.
Die O/11-atleet, Subrina Schlesinger verbeter die 80m rekord (11.7s), die 100m (14.0s) en die verspring (4m). Sherleez van Dyk ewenaar die DO/11-gewigstootrekord (7.47m).
Die O/12-seuns atleet, Levert Sykes, verbeter die 150m rekord na 20.1s, die 150m hekkies na 24.4s en die 1 200m na 3:53:7. MJ Botha gooi die diskus 21.09m. Beide Geraldine van den Berg en Khethi Machochi verbeter die DO/12-gewigstootrekord met afstande van 19.98m en 18.49m onderskeidelik. Jessica Booyens hardloop die 150m hekkies in 26.7s.
Elouise Spies breek die rekord in die DO/13 200m hekkies (35.10s) en Elanie Nel die DO/13 75m hekkies rekord (13.9s), terwyl Jonandi Aucamp met 5:50:5 die DO/13 1 200m rekord verbeter.
Laerskool Louis Trichardt bedank die borge Zoutpansberg Privaat Hospitaal, Brennco Voere, Leach Printers en Oasis Water vir hul gewaardeerde bydrae tot ‘n suksesvolle byeenkoms.
Linda van der Westhuizen has been with Zoutnet since 2001. She has a heart for God, people and their stories. Linda believes that every person is unique and has a special story to tell. It follows logically that human interest stories is her speciality. Linda finds working with people and their leaders in the economic, educational, spiritual and political arena very rewarding. “I have a special interest in what God is doing in our town, province and nation and what He wants us to become,” says Linda.

ADVERTISEMENT:
