ADVERTISEMENT:

 

Rede om breed te glimlag ... Barend Visagie (regs) van die Hanglip Hengelklub en André van Dyk (links) van Orion, beide hengelaars van Louis Trichardt, was deel van die Limpopo-span wat SAVOV se Suid-Afrikaanse kampioenskappe verlede week by Bloemhofdam ingepalm het. Foto verskaf.

Limpopo palm SAVOV-kampioenskappe in

 

Sport  Date: 20 March 2009

 

Die Limpopo varswater oewerhengelspan glimlag hierdie week breed, nadat hulle as algehele wenners van die SAVOV (Suid-Afrikaanse Varswater Oewerhengelvereniging) Suid-Afrikaanse kampioenskappe by Bloemhofdam uit die stryd getree het.

Twee hengelaars van Louis Trichardt, Barend Visagie van die Hanglip Hengelklub en André van Dyk wat vir Orion in Polokwane hengel, het deel uitgemaak van die 12-man provinsiale span wat gaan kragte meet het. Die kampioenskappe is vanaf 9 tot 14 Maart beslis.

Limpopo het die kampioenskap tydens die laaste dag van die kompetisie voor Noord-Kaap se neus weggeraap. Die span kon daarin slaag om oor ‘n periode van drie dae (die eerste twee dae was oefendae) se kompeterende hengel altesaam 1 224 vis te net, met ‘n totale massa van 700kg. Noord-Kaap was tweede en WP derde. Van die 12 hengelaars wat na afloop van die kampioenskap vir Protea-proewe gekies is, was vyf afkomstig vanaf Limpopo.

 

Written by

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines