

ADVERTISEMENT:

Sport Date: 20 March 2009
Die vreugdevure het die naweek hoog gebrand op Levubu, nadat die MAC Musina/Levubu Rugbyklub se derdespan die finaal van die Assupol/Gilbert Super 16-liga op Loftus Versfeld in hul guns beklink het.
Die MAC Musina/Levubu derdes het in die finaal te staan gekom teen die Naka Bulle se derdes en seëvier 17-0 in wat beskryf is as ‘n baie strawwe wedstryd.
“Dit was ‘n harde wedstryd. Enige finaal is taai,” het Kevin Gilbert, voorsitter van die Levubu Rugbyklub, na afloop van die kragmeting gesê.
MAC Musina/Levubu se eerste punte was te danke aan Pieter Bonnema, wat vroeg in die eerste helfte deur die verdediging gebreek het en onder hul opponente se pale gaan kuier het. Die klub se volgende drie het eers weer vroeg in die tweede helfte gevolg, gedruk deur Ruan Muller. Danie Joubert het ook gesorg vir ‘n drie laat in die tweede helfte. Pieter Bezuidenhout kon daarin slaag om een van die drieë te verdoel.
Die MAC Musina/Levubu derdes het nie een van hul kragmetings in die Assupol/Gilbert Super 16-liga verloor nie, waar hulle onder meer te staan gekom het teen die oop klubs van die Blou Bulle Rugby-unie, Limpopo, Luiperds, Pumas and Valke. Hul eerste oorwinning in die liga was teen Pretoria Polisie se derdes, waarna hulle afgereken het met Wes Wits en Benoni om deur te dring na die semi-finaal teen die Silwer Valke. Ook hierdie wedstryd beklink hulle wat aan hulle ‘n plek in die finaal besorg het.
Die klub se spelers berei hulle tans voor vir die begin van die provinsiale Boet Fick-liga op 18 April vanjaar. Om 4 April sal hulle egter hul staal wys tydens die jaarlikse Grenfell Rugbydag op Musina.
Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

ADVERTISEMENT:
