

ADVERTISEMENT:

Sport Date: 24 April 2009
Die Cycle Centre Soutpansberg Uitdaging se 76km-fietswedren op Saterdag (18de) is as ‘n groot sukses beskryf en plaaslike ryers het hulle merk gemaak.
Die roete wat gery is, is dieselfde as die 76km-roete wat met die bekende Kremetart fietswedren gery word.
“Die meeste van die roete is op redelik gelyk pad, met ‘n lekker strawwe klim teen Ottoshoogte aan die einde van die wedren,” sê organiseerder Heine de Jager.
Gawie Combrink van Bearing Man in Polokwane het gemaklik gewen, nadat hy vroeg in die wedren reeds van die bondel af weggebreek het. Gawie se tyd was 01:53:34.
Braam Fourie van Musina was tweede (01:57:19) en die 15-jarige Daniel Kirk-Cohen van Louis Trichardt derde in ‘n tyd van 01:57:23. Daniel is onlangs deur Cycle Lab in Gauteng genader en het in Cycle Lab se klere deelgeneem. Hy het ook die juniorafdeling van die wedren gewen.
Renata Joubert van P&L Hardware behaal die eerste plek in die damesafdeling en voltooi die wedren in ‘n tyd van 2:08:09. Sy is ook die dames veterane wenner. Noenie Mattheus (02:09:32) van P&L was die tweede dame tuis en Dorothy Rood van Tzaneen derde.
Sarel Lubbe van P&L wen die mans sub-veterane-afdeling en was algeheel vierde in ‘n tyd van 01:58:20.
Dit is die eerste keer dat Cycle Centre van Louis Trichardt ‘n 76km-fietswedren in die Soutpansberg borg en die borge was die hele wedren teenwoordig om medaljes uit te deel. Verlede jaar het Cycle Centre die Bosveldtrap op Alldays geborg.
Die wedren het 79 inskrywings gelok en is goed ondersteun deur die verskillende fietsryklubs in Limpopo. Die groep het by die Toeriste Inligtingsentrum weggespring en eers as ‘n groep deur die dorp gery voordat daar in alle erns gekompeteer is. Tydopneming is met die hand gedoen en ‘n totale prysgeld van R3 000 is uitgeloof.
Linda van der Westhuizen has been with Zoutnet since 2001. She has a heart for God, people and their stories. Linda believes that every person is unique and has a special story to tell. It follows logically that human interest stories is her speciality. Linda finds working with people and their leaders in the economic, educational, spiritual and political arena very rewarding. “I have a special interest in what God is doing in our town, province and nation and what He wants us to become,” says Linda.

ADVERTISEMENT:
