ADVERTISEMENT:

 

Wenners! Triegies se O/16-rugbyspan wen 13-7 teen Hoërskool John Vorster en beklink daarmee hulle eerste plek in die Super 16-reeks.

Tweede oorwinning vir Triegies in Super 16

 

Sport  Date: 24 April 2009

 

Hoërskool Louis Trichardt tree vir die tweede agtereenvolgende jaar as wenners van die Super 16-reeks uit die stryd.

Die skool was die algehele rugby- en netbalwenners.

“Die sukses lê by die positiewe gesindheid waarmee die afrigters inklim en daardeur die kinders positief beïnvloed. Dit is tydrowend om so ver te gaan speel, maar die standaard van die wedstryde wat gespeel is, maak dit alles die moeite werd,” sê skoolhoof mnr. Henry Denner.

Twee van die skool se netbalspanne het in die finaal op 18 April gewen. Die O/16-span wen 13-7 teen Hoërskool John Vorster en beklink daarmee hulle eerste plek in die reeks. Die O/14’s word ook met ‘n wentrofee beloon, nadat hulle 27 -13 teen Afrikaans Hoër Sasolburg seëvier. Die O/15’s is naaswenners, nadat Afrikaans Hoër Germiston hulle met 23-18 klop. Die eerste netbalspan behaal ‘n agste plek in die reeks.

Die rugby se Super 16-wenspan is die kranige O/16-span wat in die finaal 17-10 met Afrikaans Hoër Sasolburg afreken. Die O/15-rugbyspan wen 42 -7 teen John Vorster, terwyl die O/14’s en die eerstespan beide teen Nylstroom verloor met tellings van 7-26 en 15 -35 onderskeidelik.

Twee van die meisieshokkiespanne, die eerstespan en die O/14’s, eindig algeheel tweede. Die O/16-hokkiespan eindig derde en die O/15’s sewende.

 

Written by

Linda van der Westhuizen

Linda van der Westhuizen has been with Zoutnet since 2001. She has a heart for God, people and their stories. Linda believes that every person is unique and has a special story to tell. It follows logically that human interest stories is her speciality. Linda finds working with people and their leaders in the economic, educational, spiritual and political arena very rewarding. “I have a special interest in what God is doing in our town, province and nation and what He wants us to become,” says Linda.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines