

ADVERTISEMENT:

Sport Date: 22 May 2009
Sowat 25 lede van die P&L Hardware Fietsryklub op Louis Trichardt het Saterdag, 16 Mei, aan die moordende Magoegaskloof Cycle Challenge gaan deelneem. Die wedren, wat by Hoërskool Merensky begin en geëindig het, is beslis oor afstande van 10km, 30km, 70km en 100km.
In die 10km was die jong Mynhardt van Dijkhorst van P&L die eerste O/12 wat klaargemaak. Jandré van Jaarsveld, Jan Brink, Armin Pretorius, Ashley Odendaal, Heine de Jager, Johnathan van Dijkhorst, Dawid van Graan, Emené Peyper en Antoinette Pieters het aan die 30km-wedren deelgeneem, wat om die Tzaneen dam gestrek het. Jandré eindig hier net-net tweede in ‘n tyd van 51:25. Die jong Ashley kry ook ‘n prys as eerste O/14-seun oor die wenstreep.
Die 70km was teen Magoebaskloof op tot bo by Haenertsburg en weer af met George’s Valley, tot by Merensky. Hier het Noenie Mattheus baie goed gevaar deur die vroue-afdeling te wen in ‘n tyd van 2:39:58. Richard Lambert was algeheel sewende, Jan Mouton tiende en Johan van Dijkhorst elfde. Ander ryers wat hierdie strawwe afstand voltooi het was Glen McLeod, Carel Killian, Matthys Beukes, Cassie Mattheus, Hannes Spies, Gerrie Peyper en Marcel van Niekerk.
Slegs Sarel Lubbe, Renata Joubert en Marius Smit het die moordende 100km roete aangedurf. Dit was ‘n kombinasie van die 30km en die 70km deurdat die ryers eers om die Tzaneen Dam gery het, voordat hulle die berg aangedurf het. Al drie hierdie klublede het die roete met gemak voltooi en Renata Joubert kom hier tweede in die vroue-afdeling
Eerskomende naweek gaan ‘n klompie klublede aan die Bela-Bela wedren deelneem. Daarna is dit nog net twee weke voor die jaarlikse Kremetart-wedren.

ADVERTISEMENT:
