

ADVERTISEMENT:

Sport Date: 26 June 2009
Na afloop van hulle deelname in ‘n paar polocrosse toernooie in Gauteng en Mpumalanga is verskeie lede van die Limpopo Crusaders Polocrosseklub gekies vir provinsiale en nasionale deelname.
Die jaarlikse interprovinsiale polocrosse toernooi vind plaas in Natal oor die naweek van 27 en 28 Junie. Lede van die klub wat provinsiale span gekry het, is Reinhard Gilfillan, Jacques Willemse, Craig Bredenkamp en Fanus van Staden. Hulle verteenwoordig Mpumalanga.
Verder is drie lede van die klub gekies vir die veteranespan wat Suid-Afrika sal verteenwoordig in die internasionale kragmeting teen Zimbabwe wat einde Julie in dié buurstaat plaasvind. Die spelers is Wessel Koen, Chris James en Sandy James.
Die Limpopo Crusaders Polocrosseklub sien ook uit na hulle toernooi wat tydens die skoolva-kansie op Weipe (tussen Pontdrif en Musina) plaasvind. Die datum van die toernooi is 11 en 12 Julie, wanneer polocrosse- spanne van dwarsoor die land by-mekaar kom om teen mekaar te speel.
Hierdie jaar se toernooi beloof om iets besonders te wees, omdat dit nie slegs ‘n polocrosse toernooi is nie, maar wel ook ‘n oesfees met verskeie ander aktiwiteite soos byvoorbeeld ‘n boogskiet- en boerewors-kompetisie, perdepret-sportitems, uitstallings en vele meer. Almal is welkom om die geleentheid saam te kom geniet en toegang is gratis.
Vir meer inligting, skakel 083 289 3099, 084 506 3333 of 083 236 7799.

ADVERTISEMENT:
