ADVERTISEMENT:

 

Die verheugde O/16-rugbyspan van Hoërskool Louis Trichardt met hul trofee na afloop van hul oorwinning van 8-5 teen Hoërskool Ben Viljoen Saterdag in die finaal van die Limpopo provinsiale liga. Saam met die span verskyn hul afrigters, mnre. Johan Minnie en Willie Kloppers. Foto verskaf.

Triegies se O/16’s deur na Beeld Trofee uitklop

 

Sport  Date: 31 July 2009

 

Die gedugte O/16-rugbyspan van Hoërskool Louis Trichardt is die Limpopo provinsiale wenners in die liga vir medium skole. Hierdie span was vroeër vanjaar ook die wenners van die Super 16-reeks.

In die provinsiale liga het dié span eers met Hoërskool Warmbad afgereken in die halfeindstryd. Nadat hulle in die finaal as oorwinnaars uit die stryd getree het, gaan hulle deur na die Beeld Trofee-uitklopkompetisie.

In die finale wedstryd op 25 Julie het die Triegie O/16’s Hoërskool Ben Viljoen met 8-5 geklop. Die wedstryd is in Polokwane op Tom Naudé se velde beslis.

“Dit was ‘n baie spannende wedstryd wat tot op die einde wipplank gery het. In die laaste sekondes het Louis Trichardt die wenpunte aangeteken met ‘n strafskop,” sê mnr. Johan Minnie van Hoërskool Louis Trichardt. Die span word afgerig deur mnr. Minnie en mnr. Willie Kloppers.

Die O/16-span gaan nou in die Beeld Trofee op 1 Augustus teen Afrikaans Hoër Sasolburg op hul opponente se velde speel. Verlede jaar het hierdie span as O/15’s ook die Beeld Trofee gehaal en gevorder tot by die halfeindrondte.

 

Written by

Linda van der Westhuizen

Linda van der Westhuizen has been with Zoutnet since 2001. She has a heart for God, people and their stories. Linda believes that every person is unique and has a special story to tell. It follows logically that human interest stories is her speciality. Linda finds working with people and their leaders in the economic, educational, spiritual and political arena very rewarding. “I have a special interest in what God is doing in our town, province and nation and what He wants us to become,” says Linda.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines