ADVERTISEMENT:

 

Plaaslike renjaer Casper Venter vat ‘n welkome ruskans by die Zoutpansberger se waterpunt by die Hanglip-piekniekplek tydens die Akkedis 70km-wedren. Venter het dié moordende wedren in 04:04:05 voltooi en was die eerste mansveteraan tuis.

Jaarlikse Akkedis sorg vir sy kwota sweet

 

Sport  Date: 07 August 2009

 

Bergfietsryers van heinde en verre het die afgelope na die Schoemansdal Omgewingsopvoedingsentrum opgeruk vir deelname aan die P&L Hardeware Fietsryklub se jaarlikse Akkedis Bergfietswedren.

Die Akkedis het weereens sy kwota “pro’s” gelok, maar daar was ook heelwat plaaslike fietsryer wat topplekke ingepalm het in beide die moordende 70km hardebaard trap en die 35km-wedren.

Die 70km het behoorlik deelnemers se wilskrag tot op die uiterste beproef, met Bernard Bronkhorst wat eerste oor die eindstreep gery het in ‘n tyd van 03:09:36. Hy was ook wenner van die King of the Mountain-seksie. ‘n Skrale 10 sekondes later het die agtienjarige Colin Brent van Stanford Kollege (Magoebaskloof) die eindstreep gekruis vir ‘n welverdiende tweede plek. Colin was ook die eerste O/18 by die huis. Graham Chrystal was derde in dié uitmergelende wedren. Die eerste vrou tuis in die 70km was Estie du Plessis in ‘n tyd van 03:50:59, met Gretna Muir tweede en Kerry Baytopp derde. Estie was ook die eerste vroueveteraan tuis en Queen of the Mountain-seksie.

Die eerste mansveteraan tuis was Louis Trichardt se eie dokter Casper Venter in ‘n tyd van 04:04:05. Gert Marincovich was die eerste meester tuis (03:48:33).

Die ewe uitdagende 35km-wedren is gewen deur Marnus Putter in ‘n tyd van 01:16:10. Tweede was Ryan Carret en derde was Dominic Oboikovits. Dié drie het ook onderskeidelik as eerste, tweede en derde O/18 mans geëindig. Plaaslike renjaer Jan Mouton was die eerste mansveteraan wat klaargemaak het in 01:24:14, terwyl nog ‘n plaaslike renjaer, Jan Lombard, die eerste meester was in 01:43:42.

Die eerste vrou in die 35km was Tarryn Brent in ‘n tyd van 01:29:17. Sy wen ook die O/18-afdeling vir vroue. Die Soutpansberg se eie Noenie Mattheus was tweede (01:49:56) en ook die eerste vroueveteraan tuis. Soos met haar man wat die meestersafdeling gewen het, wen Hetta Lombard die meestersafdeling van die vroue in die 35km-wedren.

Dit was egter nie net die “grootmense” wat deelgeneem het nie. Die 10km-pretrit is oorheers deur die kinders, almal plaaslik, met Dilion Hugo wat eerste klaar trap, gevolg deur broer Alec Hugo en Douglas Archer derde. Die eerste meisie was Jolandi Aucamp met Heleen Fryer tweede.

 

Written by

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines