

ADVERTISEMENT:

Sport Date: 07 August 2009
Die 17-jarige ruiter Lanel van Niewenhuizen van Louis Trichardt is op pad na Hongarye later hierdie maand om daar te gaan deelneem aan ‘n uithourit.
Lanel het in Maart vanjaar ook haar nasionale kleure verwerf toe sy in Fauresmith deelgeneem het aan ‘n uithourit. Sy is tans eerste op die Suid-Afrikaanse ranglys vir jong perderuiters en derde op die Fédération Equestre Internationale (FEI) se ranglys vir jong uithourit-ruiters.
Lanel maak deel uit van die nasionale span wat Suid-Afrika sal verteenwoordig in Babolna, Hongarye, en is die enigste ruiter wat uit die Limpopo Provinsie gekies is. Die ruiters sal die 120km-lange uithourit aandurf op perde wat vir hulle ingevoer is van Frankryk. Lanel het reeds vroeër vanjaar aan ‘n toetsrit in Hongarye gaan deelneem en tweede gekom.

ADVERTISEMENT:
