ADVERTISEMENT:

 

Kampioen renjaer Swannie Swanepoel met die trofee wat hy Saterdag by die Emperor’s Palace ontvang het as Motorsport SA se kampioen enduro-vierwielmotorfietsrenjaer van 2009. Foto verskaf.

Swannie aangewys as MSA-kampioen

 

Sport  Date: 11 December 2009

 

Louis Trichardt spog met nog ‘n SA-kampioen.

Die dorp se eie Stefan Swanepoel, of Swannie soos hy alombekend is, is op Saterdag, 5 Desember aangewys as Motorsport SA (MSA) se kampioen enduro- vierwielmotorfietsren¬jaer van 2009 na afloop van MSA se nasionale kampioenskappe. Die toekenning is aan hom gemaak tydens ‘n spoggeleentheid by Emperor’s Palace in Johannesburg.

Swannie se harde werk om gekroon te word as nasionale kampioen het begin met sy deelname aan die Ermelo 400. Daarna was dit die Roof of Africa 1 000, gevolg deur die Timberland 400, Mafikeng 400, Caledon 400 en die Koue Bokkeveld 400. Buiten vir sy toptoekenning Saterdag, beklee hy tans ‘n algehele vierde plek op die nasionale ranglys vir vierwielmotorfietse en is eerste op die nasionale ranglys in die opeklas vir vierwielmotorfietse.

Swannie het na ontvangs van sy toekenning sy dank uitgespreek teenoor sy “pit crew”, oftewel sy ma en pa, asook Paulo en Quad Revolution. Hy het ook dankie gesê vir almal wat hom ondersteun het.

“Sonder julle sou dit nie moontlik gewees het nie,” het Swannie gesê.

 

Written by

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines