ADVERTISEMENT:

 

Noenie Mattheus kom uit die water by Buffalostad waar sy aan die SpecSavers 70.3 Ysterman kompetisie in Buffalostad by Oos-Londen op 17 Januarie deelgeneem het. Nadat sy 1.9km in die see geswem het, het Noenie 90km fiets gery en 21.1 km gehardloop. Foto verskaf.

Ystermanne, en vrou, se uithouvermoë beproef

 

Sport  Date: 29 January 2010

 

Drie ystermanne van Louis Trichardt, of te wel een ystervrou en twee ystermanne, het die SpecSavers 70.3 Ysterman-kompetisie in Buffalostad by Oos-Londen op 17 Januarie aangedurf.
Hierdie gewilde driekamp kompetisie staan bekend as die halwe ysterman, en die atlete swem 1.9km, ry 90km fiets en hardloop vir 21.1km.
Noenie Mattheus het veral baie goed met die hardloop gevaar en tiende in haar ouderdomskategorie geëindig. Haar totale tyd was 6:31, wat haar ‘n negentiende plek in die 40 tot 44 jaar vrouekategorie besorg.
“Dit was moeilik, maar ongelooflik lekker. Die atmosfeer is elektries, met 2 185 deelnemers saam met jou,” sê Noenie. Die swem in die see met sy baie deinings was nie maklik nie. Die fietsryroete was baie uitdagend en die ryers moes baie berge trotseer, asook ‘n woeste wind van voor met die laaste 45 km. Mens moet baie goed beplan, sodat jy nog die hardloop ook kan doen,” sê Noenie.
Ystermanne Craig Whitcomb en Ferreira Nel het onderskeidelik klaargemaak in 6:45 en 7:16. Ferreira sê dat hy bly is dat hy oorleef het. Desnieteenstaande, het die drie sommer dadelik ingeskryf vir die volle ysterman kompetisie op 25 April.
Die halwe ysterman driekamp is hierdie jaar in beide die mans- en vroue-afdeling deur Suid-Afrikaners gewen. Fraser Cartmell seëvier by die mans in 4:07:54 en Marie Rabie by die vroue in 4:43:01
Die plaaslike gemeenskap het hul drie ystermense ondersteun deur SMSe en oproepe en dit word baie waardeer. Die drie berei nou voor om oor drie maande 3.8km te swem, 180km fiets te ry en 42.2km te hardloop.

 

Written by

Linda van der Westhuizen

Linda van der Westhuizen has been with Zoutnet since 2001. She has a heart for God, people and their stories. Linda believes that every person is unique and has a special story to tell. It follows logically that human interest stories is her speciality. Linda finds working with people and their leaders in the economic, educational, spiritual and political arena very rewarding. “I have a special interest in what God is doing in our town, province and nation and what He wants us to become,” says Linda.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines