ADVERTISEMENT:

 

Die vier laerskool tennisspelers van Louis Trichardt wat die Limpopo Provinsie gaan verteenwoordig het tydens ‘n interprovinsiale byeenkoms teen Mpumalanga in Middelburg. Van links is Gysbert Guillaume, Dewald Stroebel, Pieter Guillaume en Jenika Pöhl. Foto: Elizma Pöhl.

Jong tennisspelers maak provinsie trots

 

Sport  Date: 26 March 2010

 

Verskeie van Laerskool Louis Trichardt se jong tennisspelers het op 13 Maart die Limpopo Provinsie gaan verteenwoordig tydens ‘n interprovinsiale wedstryd teen Mpumalanga op Middelburg.
Dewald Stroebel, Pieter Guillaume en Jenika Pöhl het die provinsie in die O/12-ouderdomsgroep verteenwoordig, terwyl Gysbert Guillaume en Lindsay Viljoen onderskeidelik in die O/14- en O/16-afdeling kragte gemeet het. Francois Hoffman is gekies vir die O/18-span, maar kon weens atletiekverpligtinge nie die byeenkoms bywoon nie. Dit is die eerste keer dat soveel van Louis Trichardt se kinders wat afrigting ontvang in die onderskeie spanne opgeneem is.
Pieter en Dewald het baie goed gedoen met beide wat koning kraai in hul enkel- en dubbelspelle, terwyl Pieter ook sy gemengde dubbelspel wen. Dewald het ongelukkig sy gemengde dubbels in drie stelle verloor.
Gysbert wen ook sy enkelspel, met Lindsay wat op haar beurt as oorwinnaar seëvier in haar enkel-, dubbel- en gemengde dubbelspel. Daar is 16 wedstryde gespeel. Elke kind het enkels, dubbels en gemengde dubbels gespeel, met die provinsie se O/12-en O/14-spanne wat op die ou end onderskeidelik 5/11 en 2/14 die knie moes buig voor Mpumalanga. Daarenteen wen Limpopo se O/16- en O/18-spanne beide met telling van 9/7.
“Dankie aan al die ouers wat baie moeite gedoen het met die klere, ryreëlings en oplaai van kinders om hul die kans te gee om te gaan deelneem. Mag tennis groei en ons kinders gesond hou,” is die boodskap van Lana Hoffman van die Louis Trichardt Tennisklub.

 

Written by

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines