ADVERTISEMENT:

 

Hardus Joubert, ‘n fietsryer van Louis Trichardt, in aksie tydens die Munnik Meerkat Bergfietswedren wat Saterdag plaasgevind het. (Foto: Kobus Dippenaar en Carlu McCabe van The Photoshop Die foto’s en dienste is op die webbladsy beskikbaar www.wix.com/kobusdippenaar/kobusdippenaar)

Combrinck onstuitbaar tydens Munnik Meerkat

 

Sport  Date: 02 April 2010

 

Gawie Combrinck, ‘n bergfietsryer van Polokwane, het Saterdag korte mette gemaak van die Munnik Meerkat bergfietsresies se 75 kilometer roete en 26 minute voor sy naaste teenstander geëindig.
Gawie het die roete voltooi in ‘n baie haastige 02:38:13. Johan Pieterse was tweede, met Stefan Horn van Phalaborwa in die derde plek. Stefan was ook die eerste sub-veteraan wat die wedren voltooi het. Die veteraan-afdeling is gewen deur Mark Pieterse en die bekende dr. Gert Marenkowitz van Tzaneen was die eerste Meester oor die wenstreep. Die dames-afdeling se wenner was Murande Roussouw.
Die Munnik Meerkat Bergfietswedren is vanjaar vir die tweede keer aangebied en dit was duidelik dat die wedren al gewilder word. Meer as 250 deelnemers het aan die 70-, 30- en 10-kilometer wedrenne deelgeneem. Daar is ook aangekondig dat dit vanaf 2011 een van die kwalifiserende wedrenne vir Limpopo-kleure is.
Die 35-kilometer wedren het baie belangstelling ontlok en 145 deelnemers het dié roete voltooi. Heinro Malan van Polokwane het hier geseëvier in ‘n tyd van 01:17:16. Dit was egter ‘n fel stryd wat tot aan die einde geduur het en Anton Lume was net een sekonde na hom. Frans Malebane was nie ver agter nie en het derde geëindig in 01:19:35.
In die 35-kilometer wedren se dames-afdeling het Stanford Lake College se Tarryn Brent weer gewys dat sy nie sommer geklop kan word nie. Marcia van Zyl was tweede, met Marie-Louise Lume in die derde plek.
In die 10-kilometer wedren was dit Lachlan Truesdale wat eerste oor die wenstreep gejaag het. Hy is gevolg deur Jaques Venter, met Morné van As in die derde plek.

 

Written by

Anton van Zyl

Anton van Zyl has been with the Zoutpansberger and Limpopo Mirror since 1990. He graduated from the Rand Afrikaans University (now University of Johannesburg) and obtained a BA Communications degree. He is a founder member of the Association of Independent Publishers.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines