

ADVERTISEMENT:

Sport Date: 14 May 2010
Terwyl die Comrades koors hoog loop, het Laerskool Louis Trichardt ‘n fondsinsamelingsprojek ten bate van die voltooiing van die ablusiegeriewe van die Bergvliet Sportkompleks geloods.
Deur die borg van die skoolhoof en Comrades-atleet mnr. Louis Linde, kan dié projek ondesteun word en dalk ook ‘n jaggeleentheid gewen word.
“Ons het vier jaar gelede met ‘n projek begin om hokkievelde, ‘n sokkerveld, ‘n vlugbalbaan en netbalbane te bou. Die velde is reeds gevestig, maar die kinders moes steeds oor die straat stap vir toiletfasiliteite,” het Louis gesê.
Die sportkomitee het verneem dat Louis tien jaar gelede ‘n Comrades Ultramarathon voltooi het.
“Hulle het my en ‘n groep ouers vriendelik versoek om ons te begin voorberei om ‘op ons voete’ fondse in te samel,” sê Louis. Alhoewel hy ses jaar gelede ‘n ernstige rugoperasie ondergaan het, het Louis die uitdaging aanvaar en begin oefen. Die ander vyf atlete wat deel vorm van die span is mnre. Stanley Thompson (ouer), Christo Markram (ouer), Ferreira Nel (lid van beheerliggaam), me. René Hamman (personeellid) en me. Elmien van der Goot (ouer).
Vanjaar se Comrades marathon oor 90km is vanaf Pietermaritzburg tot in Durban en vind op 30 Mei plaas.
Die gemeenskap word uitgenooi om Louis per kilometer te borg. Diegene wat hom borg met ‘n R1 per kilometer of meer (‘n totaal van R90 of meer), kan raai wat Louis se voltooiingstyd gaan wees. Die tyd moet tot op 1/100ste van ‘n sekonde aangedui word, byvoorbeeld 10:11:43. Die persoon wat R90 of meer geborg het en reg raai, wen ‘n jagpakket ter waarde van R10 000. Dié groot prys sluit ‘n langnaweek by Koedoebult Jagplaas en ‘n koedoebul in.
Indien Louis moet onttrek om watter rede ook al, sal die voltooiingstyd geneem word van dié een van die ander vyf atlete wat eerste die wedloop voltooi.
“Ondernemings wat my borg vir R10 per km of meer (R900 of meer) se name sal op ‘n ererol in die nuwe sportklubhuis aangebring word,” sê Louis.
Die skool nooi veral alle oud-Triegie ouers, asook voornemende ouers, uit om saam met die gemeenskap donasies of borggeld te gee vir hierdie saak. Die donasie of borggeld kan ook per Internet betaling gedoen word. Die rekening is ABSA 1000 000139 en die takkode 334149. Die faks of e-posbewys van betaling en die voltooiingstyd kan gestuur word na [email protected] of gefaks word na 015 516 1534, vir aandag Elize Terblanche.
Linda van der Westhuizen has been with Zoutnet since 2001. She has a heart for God, people and their stories. Linda believes that every person is unique and has a special story to tell. It follows logically that human interest stories is her speciality. Linda finds working with people and their leaders in the economic, educational, spiritual and political arena very rewarding. “I have a special interest in what God is doing in our town, province and nation and what He wants us to become,” says Linda.

ADVERTISEMENT:
