

ADVERTISEMENT:

Sport Date: 11 June 2010
Laerskool Louis Trichardt se eerste rugbyspan maak geskiedenis deur die Limpopo trofee te wen in die finaal van die liga vir groot skole.
Die Triegies deel hierdie trofee met Laerskool Pietersburg (Suidskool), nadat hul wedstryd gelykop eindig met ´n telling van 17 elk.
“Dit is ‘n eerste vir Laerskool Louis Trichardt. Ons is nog besig om in die argiewe te kyk, maar sover lyk dit of dit die eerste keer is dat ‘n eerste rugbyspan die Limpopo wenners is,” het die skoolhoof, mnr. Louis Linde, hierdie week gesê.
Vroeër in die seisoen het die eerstespan vir Laerskool Pietersburg Oos geklop, wat ‘n groot hoogtepunt was. Dit was die eerste keer in 11 jaar dat Triegies vir Oosskool geklop het.
In die Limpopo semifinaal het Triegies te staan gekom teen Laerskool Thabazimbi en hul oortuigend gewen met 17-0. Die semifinaal het die oggend van 5 Junie op Bela-Bela plaasgevind. Die middag het die groot oomblik aangebreek vir die hoofwedstryd. In die ligawedstryd het Suidskool vir Triegies geklop met 17-0. “Hierdeur was hulle selfversekerd dat hulle maklik met Laerskool Louis Trichardt sou afreken. Die Triegies wou egter nie besgee nie en dit was ‘n skitterende wedstryd. Die telling was 17-17, nadat ‘n skepskop van Triegies op die dwarslat geval en teruggespring het,” het mnr. Linde gesê.
Die skool wens die span en al die afrigters baie geluk. Mnr. Greg Stewart is die afrigter van die skool se kant af en die ouer-afrigers is mnre. Tjorra Nagel, Jimmy Moodie en Lukas Visser.
Linda van der Westhuizen has been with Zoutnet since 2001. She has a heart for God, people and their stories. Linda believes that every person is unique and has a special story to tell. It follows logically that human interest stories is her speciality. Linda finds working with people and their leaders in the economic, educational, spiritual and political arena very rewarding. “I have a special interest in what God is doing in our town, province and nation and what He wants us to become,” says Linda.

ADVERTISEMENT:
