ADVERTISEMENT:

 

Nico Bell (voor), wat die vorige dag algeheel derde was tydens die Kremetart 175km wedren, het Sondag die 40km Kremetart Bergfietswedren gewen. Agter hom ry Gawie Combrink, wat algeheel derde was in die 40km.

Nico wen eerste Kremetart-bergfietsuitdaging

 

Sport  Date: 11 June 2010

 

Die jaarlikse Kremetart Fietswedren het vanjaar gespog met ‘n nuwe toevoeging.

Buiten die 175km en 70km wedrenne die Saterdag, is die eerste Kremetart Bergfietsuitdaging Sondag aangebied. Die wedren het goeie belangstelling ontlok, met heelwat plaaslike renjaers wat die Soutpansberg aangedurf het in ‘n 40km, 30km, 20km en 10km wedren. Dan was daar ook diegene wat die vorige dag die 175km gery het, wat Sondag nog die stofpaaie ook warm gery het.

Een van hulle was Nico Bell, wat die vorige dag algeheel derde geëindig het in die 175km wedren vir mans. Bell het die 40km bergfietswedren gewen, met Jaco Ferreira tweede en Gawie Combrink derde. In die vroue-afdeling was Kerry Baytopp eerste, Lorinda Dando tweede en Adriana Vermeulen derde.

Die 30km wedren word gewen deur Hein Engelbrecht, met Gerhard Pieterse tweede en Tinus Els derde. Eldine Peli is die eerste vrou tuis in die 30km, met Marelen Wietz tweede en Marisa Breedt derde.

In die 20km (onder 16) is dit Louis Trichardt se jong Jaco Linde wat met die louere wegstap. Marco Roets was tweede en Willie Joubert derde. Page Schwiger was eerste in die meisiesafdeling van die 20km, met Landi Roodt tweede en Charmaine Bothma derde.

Alex Hugo wen die 10km (onder 12) wedren, met Triston Schoeman tweede en Heine de Jager (jr.) derde. Die eerste meisie tuis was Heine se sussie, Leandrie, met Cherise Henning tweede en Bernice Cronjé derde.

 

Written by

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines