

ADVERTISEMENT:

Sport Date: 12 March 2004
MAKHADO (LOUIS TRICHARDT) – Hoërskool Louis Trichardt se twee spogatlete, Marli Knoetze en Louis Botha, het gekwalifiseer vir plekke in die provinsiale atletiekspan.
Die USSASA provinsiale atletiekkampioenskappe het op Saterdag (6de) op die Peter Mokaba stadion in Polokwane plaasgevind. Die ouderdomsgroepe waaraan deelgeneem kon word, was 0/15, 0/17 en 0/19.
Marli was eerste in die diskus en gewigstoot vir D0/17, met afstande van 47,64m en 13,95m onderskeidelik. Louis het op sy beurt die gewigstoot en diskus vir S0/17 gewen met afstande van 16,24m en 48,80m.
Pieter Bonnema het 'n tweede plek verwerf in die gewigstoot vir S0/19 (12,91m), terwyl Rendani Ramovha derde gekom het in die hoogspring vir S0/15 met 'n hoogte van 1,70m. Marli Beetge en Denine van Heerden het elkeen 'n vierde plek behaal in die diskus vir D0/15 en 400m vir D0/15 onderskeidelik.

ADVERTISEMENT:
