

ADVERTISEMENT:

Sport Date: 22 October 2010
Aanvanklik het hulle net gaan ry vir die pret, maar na ‘n algehele sesde plek op die eerste dag het ‘n skielike ambisie hul beetgepak om beter te doen.
So vertel Hardus Joubert en Ayerton du Rand, twee kranige bergfietsryers van Louis Trichardt, wat die afgelope naweek gaan deelneem het aan die moordende Isuzu 3 Towers-bergfietsuitdaging naby Nelspruit. Die uitdaging het bestaan uit twee wedrenne, maar weens Ayerton se ouderdom (15 jaar) het hulle nie gekwalifiseer vir deelname aan die langer afstand nie. Toe skryf hulle maar in vir die korter uitdaging. Beide wedrenne is oor drie skofte oor drie dae, 15 tot 17 Oktober, beslis.
Op dag een moes Hardus en Ayerton, wat in spanverband deelgeneem het, 45km aflê. Net meer as 50 spanne het deelgeneem.
“Ons het rustig gery en toe ons by die eindstreep kom, vind ons uit ons is algeheel sesde. Toe besluit ons, môre gaan ons jaag!” vertel Hardus.
Op dag twee was dit toe ‘n gejaag in die 55km skof, met die tweemanskap wat weer sesde eindig. Dit was egter genoeg vir ´n algehele vierde plek oor die twee skofte.
Sondag is Hardus en Ayerton se uithouvermoë weereens beproef met die laaste skof oor 50km.
“Dit was erg,” sê Ayerton.
Erg of nie, die twee ry goed en eindig derde in die skof. Hiervoor ontvang hulle ‘n trofee en medalje. Daarna is die tye oor die drie skofte bymekaar getel en vir iemand wat aanvanklik net vir die pret gaan ry het, eindig hulle algeheel vierde oor die drie dae. Op dag twee was hulle ongeveer 14 minute agter die span wat uiteindelik algeheel derde eindig. Na dag drie was die verskil ‘n skamele 14 sekondes.
“Ons het die algehele derde plek net-net gemis,” sê Hardus.
Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

ADVERTISEMENT:
