ADVERTISEMENT:

 

Profetiese woorde . . . Die Blouspan van Laerskool Musina het verlede Vrydag die spangeestrofee opgeraap tydens die skool se jaarlikse Interhuis. Foto verskaf.

Laerskool Musina Interhuis

 

Sport  Date: 28 January 2011

 

Te midde van die voortdurende reënbuie wat die afgelope tyd oor die streek uitgesak het, was daar groot opgewondenheid by Laerskool Musina toe die son verlede Vrydag (21 Januarie) agter die wolke uitgekruip het.

Die skool kon uiteindelik in alle erns hul jaarlikse interhuisbyeenkoms hou. Spanleiers het aan die werk gespring en die kreatiewe selle het oortyd gewerk om die uitrustings en versierings betyds gereed te hê.

Dit was ‘n dag vir sport en die rekords het behoorlik gespat.

Leerlinge wat rekords en tye verbeter het, was T. van den Berg, wat op ‘n hoogte van 1,36m oor die hoogspringlat getrek het, T. Cawood, wat die 800m in ‘n rekordtyd van 03:05:02 afgelê het, en K. Phologa, wat die 100m in ‘n blitsige 13,72 sekondes voltooi het.

Teen die einde van die dag is die gesogte Victor en Victrix Ludorum bekers uitgedeel. B. Botha en B. Mathebula is onderskeidelik aangewys as die junior Victor en Victrix Ludorum. In die senior afdeling het die Victor en Victrix Ludorum bekers gegaan aan K. Phologa en T. Cawood. Dié twee het onderskeidelik ook die trofeë vir beste baanatleet en langafstandatleet opgeraap.

T. van den Berg is aangewys as die beste meisiesveldatleet, terwyl B. Mulaudzi as die beste seunsveldatleet aangewys is. Die Blouspan het hierdie jaar die spangeestrofee ingepalm.

 

Written by

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines