

ADVERTISEMENT:

Sport Date: 04 March 2011
Namibië is bekend vir sy goeie hengelwaters, maar is die tog oor duisende kilometers daarheen steeds die moeite werd?
“Die 6 500km was nie tevergeefs nie!”
So het Gert van Zyl van Louis Trichardt gereageer met sy terugkoms van die Namibiese hengelwaters verlede week. Hy is oortuig daarvan dat van al die beskikbare hengelwaters in Suid-Afrika, bly Namibië steeds die enigste hengelparadys.
Gert het vanaf 4 tot 18 Februarie saam met André Potgieter, voormalige bevelvoerder van Soutpansberg Kommando, en dié se broer, Kobie, bietjie gaan lyne natmaak in Namibië. Hoewel die suidwestewind maande vooraf skaars aan die Namibiese kus was, ‘n besliste vereiste vir die hengelgebied suid van Walvisbaai, het die goeie boodskapper die dag van hul aankoms op Swakopmund sterk begin waai.
Hierna het ‘n belewenis van hengelgenot op 5 Februarie gevolg.
“Met die eerste ingooi was die eerste vis vas en daagliks het ons reeds om half nege die oggend ons kwota bereik,” vertel Gert. Hul vangste was so volop, dat van hul visse weggegee is aan hengelaars wie minder gelukkig was.
Hoewel verskeie hengelaars besware teen die huidige Namibiese hengelregulasies het, is Gert van mening dat dit inderdaad uitstekende resultate het.
“As oud-Walvisbaaier was vis in die verlede langs die SWA kus vragte vol volop. Vangste van tot 60 kabeljoue per dag was nie buitengewoon nie, maar selde was gewigte oor 5kg per vis met die uitsondering van 8kg tot 10kg. Tans wissel gewigte van 10kg tot 15kg per vis. Een 23kg en een 26kg kabeljou was deur ander hengelaars geland,” sê Gert.
Met die kabeljoue wat katrolle tydens die jaarlikse kabeljouloop suid laat sing het, het Gert, André en Kobie nie veel tyd gehad om noordwaarts van Swakopmund te gaan soek vir groot steenbras nie. Kort voor lank het hul kuier einde se kant toe gestaan en is daar met loodswaar gemoedere afskeid geneem van Namibië. Daar was egter ‘n eenparige besluit … D.V. Februarie 2012 word weer kompas gedruk na die heilwaters van Namibië.
Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

ADVERTISEMENT:
