ADVERTISEMENT:

 

Dié kaart toon aan watter paaie gesluit sal wees, asook ompaaie wat gevolg kan word tydens die jaarlikse Kremetart Fietswedren op 4 Junie. Kaart verskaf.

Akkommodasie tydens Kremetart steeds ´n kopseer

 

Sport  Date: 13 May 2011

 

Daar is steeds ´n dringende tekort aan akkommodasie vir deelnemers aan vanjaar se Kremetart Fietswedren wat op 4 Junie plaasvind.

Volgens die organiseerders van die gewilde jaarlikse fietswedren verwag hulle vanjaar weer digby die 2 000 deelnemers en hul gesinne.

Derhalwe het hulle enige iemand wat ‘n netjiese en skoon privaatkamer met ‘n badkamer beskikbaar kan stel vir die naweek, of selfs ‘n gemeubileerde woonstel of tuinwoonstel, versoek om dringend met Leonie de Jager te skakel by tel. 015 516 1328 of 081 331 2557.

Intussen word inwoners vroegtydig gewaarsku dat verskeie strate vanwee die fietswedren op 4 Junie gesluit sal wees. So sal Songozwistraat tussen die N1 en Groblerstraat vanaf 06:30 tot 18:00 gesluit wees. Rissikstraat tussen Krogh- en Wolmaranstraat sal vanaf 10:00 tot 18:00 gesluit wees. Die N1 tussen Songozwi- en Stubbsstraat sal vir die oggend se wegspring vanaf 05:30 tot 07:45 gesluit wees. Sien meegaande kaart van paaie wat gesluit sal wees, asook ompaaie wat gevolg kan word.

 

Written by

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines