ADVERTISEMENT:

 

Hennie Coetzee (links) van die Soutpansberg Atletiekklub voltooi sy 17de Comrades Marathon op 29 Mei vanjaar in ‘n tyd van 10:35:49. Saam met Hennie is Friede Bruwer (10:35:48), die eerste dame van die klub. Foto verskaf

Langasems durf Comrades met suskses aan

 

Sport  Date: 10 June 2011

 

Negentien fikse atlete van die Soutpansberg Atletiekklub het die moordende Comrades Marathon op 29 Mei voltooi.

Hierdie jaar het die atlete die roete "op" vanaf Durban na Pietermaritzburg aangedurf. Vir sommiges het dit glad nie ‘n probleem geskep nie.

“Dit is my tweede Comrades en ek het dit verskriklik geniet. Ek hou meer van opdraandes en was natuurlik ook fikser en sterker as verlede jaar,” sê Friede Bruwer, wat die ultra-marathon van amper 90km met ‘n glimlag op die gesig gehardloop het. Friede het na 10 ure 35 minute en 38 sekondes oor die eindstreep gehardloop en was die eerste dame van die klub om in te kom. Friede het ‘n brons medalje verower en was 84ste in haar kategorie van dames 20 tot 29 jaar.

Die klub se eerste mansatleet, Mulalo Ravele (40) het sy 13de Comrades voltooi. “Ek het die wedren geniet en het tot by die halfpadmerk gemaklik gehardloop. By Drummond Halfweg het ek vreeslik krampe gekry en moes my pas verslap, maar het nooit gestap nie. Teen Polly Shorts het ek herstel,” sêMulalo, wat onder agt ure ingekom het op 07:56:58 en ‘n Bill Rowan-medalje verower het.

Die tweede mansatleet van die klub was Jacobus (Christo) Woest met ‘n tyd van 08:34:13. Aangesien Christo sy tiende Comrades voltooi het, het hy sy groen nommer ontvang. Die klub se derde en vierde atlete is Mpelo Thupani en nuweling, Aifheli Mahwasane, wat albei die marathon onder nege ure voltooi en Bill Rowan-medaljes ontvang het. Nog twee atlete ontvang hul groen nommers, Kankana Manwadu en Craig Whitcomb, met tien Comrades marathons agter die blad. As Kobus Jordaan volgende jaar weer hardloop, sal hy ook ‘n groen nommer ontvang.

Dan is daar ander gesoute Comrades manne wat al groot dubbelsyfers agter hul naam het, soos Hennie Coetzee, Samuel Khupani en Livhuwani Lukoto wat elk 17 medaljes het. Hulle ding al drie mee in die ouderdomsgroep 50 tot 59. Jonger manne soos Mark van Deventer (30-39) en Brian Peli (40-49) het onderskeidelik 15 en 11 medaljes. Vanjaar se nuwelinge, Juanette Barnardt, Jani Horn en Hendrik Spies het goed klaargemaak.

Die klub se uitslae met lede se name en tye is Mulalo Ravele(07:56:58), Jacobus Woest (08:34:13), Mpelo Thupani (08:42:42), Aifheli Mahwasane (08:58:26), Kankana Manwadu (09:37:51), Mashudu Phalanndwa (09:42:38), Japie Horn (10:05:15), Mark van Deventer (10:12:59), Friede Bruwer (10:35:48), Hennie Coetzee (10:35:49), Juanette Barnardt (10:36:36), Kobus Jordaan (10:45:35), Brian Peli (10:52:02), Thinavhuyo Ramabulana (10:56:42), Samuel Khupani(10:57:08), Hendrik Spies (11:14:41), Jani Horn (11:31:04), Livhuwani Lukoto(11:43:27) en Craig Whitcomb (11:48:42).

 

Written by

Linda van der Westhuizen

Linda van der Westhuizen has been with Zoutnet since 2001. She has a heart for God, people and their stories. Linda believes that every person is unique and has a special story to tell. It follows logically that human interest stories is her speciality. Linda finds working with people and their leaders in the economic, educational, spiritual and political arena very rewarding. “I have a special interest in what God is doing in our town, province and nation and what He wants us to become,” says Linda.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines