ADVERTISEMENT:

 

Wedvlugseisoen in volle swang

 

Sport  Date: 01 July 2011

 

Die wedvlugseisoen is reeds weer in volle swang, met lede van die Soutpansberg Posduifklub wat die afgelope naweek kragte gemeet het in ‘n Duitse-, jaaroud- en opewedvlug vanaf Petroport

Die Duitse-wedvlug word gewen deur Elize & Tim, nadat hulle wenduif die afstand voltooi met ‘n spoed van 1870.58 meter per minuut. Hulle was ook 2de, 4de, 7de, 18de, 19de en 20ste. Marx Hokke was 3de, Isaac Naudé 5de en 6de, Danie Lourens 8ste tot 16de en T& H Meyer 17de.

In die jaaroudwedvlug is dit T&H Meyer wat met die louere wegstap, nadat hulle wenduif die afstand voltooi met ‘n spoed van 1860.44 meter per minuut. Hulle was ook 4de en 5de. Isaac Naudé was 2de, Tiny de Klerk 3de, 8ste en 11de, Erna de Klerk 6de, 7de en 9de, Marx Hokke 10de, 15de en 16de, Elize & Tim 12de, 13de en 14de, Koos Gerber 17de en 19de, Braam Naudé 18de en Danie Lourens 20ste.

T&H Meyer palm ook die opewedvlug in met hul wenduif wat die afstand voltooi met ‘n spoed van 2033.16 meter per minuut. Hulle was ook 2de en 3de. Danie Lourens was 4de, 5de en 6de, Braam Naudé 7de, 15de en 16de, Marx Hokke 8ste, 9de en 10de, Elize & Tim 11de, 12de en 13de, Koos Gerber 14de, 18de en 19de en Isaac Naudé 17de en 20ste.

Voorverlede naweek het T&H Meyer ook skoonskip gemaak in die ope- en Duitse-wedvlugte vanaf Warmbad, terwyl Marx Hokke die jaaroudwedvlug inpalm.

Wat die jaar se puntestand betref, loop Elize en Tim voor in die Duitse-wedvlugte, met Danie Lourens in die 2de plek, Marx Hokke 3de, T&H Meyer 4de, Erna de Klerk 5de, Tiny de Klerk 6de, Braam Naudé 7de en Isaac Naudé 8ste.

In die klubkampioen-afdeling beklee T&H Meyer tans die 1ste plek, met Elize & Tim 2de, Marx Hokke 3de, Braam Naudé 4de, Danie Lourens 5de, Isaac Naudé 6de, Tiny de Klerk 7de, Erna de Klerk 8ste en Koos Gerber 9de.

Eerskomende Saterdag, 2 Julie, neem klublede deel aan die eerste van hul keurwedvlugte vanaf Heidelberg.

 

Written by

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines