

ADVERTISEMENT:

Sport Date: 09 September 2011
Die vreugdevure het Saterdag hoog gebrand met Louis Trichardt se eerste- en tweederugbyspanne wat as kampioene in die Boet Fick-seniorliga gekroon is.
Louis Trichardt het hierdie jaar gasheer gespeel vir die finaal van die liga. Dié eer het die dorp te beurt geval toe hulle vir die eerste keer in jare deurgedring het na die finaal om weereens die klub as een van die top klubs in die provinsie te vestig.
Vir Louis Trichardt se tweedes (Levubu-span), die eerste kragmeting van die dag, was dit aan die begin ‘n naelbytstryd gewees. Hulle het teen die Universiteit van die Noorde te staan gekom. Teen halftyd was die telling 15-12 in Louis Trichardt se guns, met die universiteit wat ‘n vinnige drie gedruk het kort voor die halftydfluitjie geblaas het. Louis Trichardt het egter hulle spiere gebult en druk geplaas op die ander span, en met die blaas van die eindfluitjie was die telling 23-17, met Louis Trichardt die oorwinnaars.
Die rugbymanne van Louis Trichardt se eerstes het hulle staal gewys teen Loskop se eerstes. Loskop en Musina sou in die semifinaal uitgespeel het vir ‘n plek in die finaal, maar weens die afstand het Musina nie ‘n span gestuur nie. Louis Trichardt het nie teleurgestel nie en Loskop uit die staanspoor op die agtervoet gehad. Hulle wen die wedstryd 35-5.
Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

ADVERTISEMENT:
