ADVERTISEMENT:

 

Vincent van As van Hoërskool Louis Trichardt wat as lid van die Senior Proteaspan in Egipte gaan deelneem.

Vincent stel sy visier op Olimpiese Spele

 

Sport  Date: 16 September 2011

 

Vincent van As, uitmuntende skut en verlede jaar se Suid-Afrikaanse Senior kampioen, het sy visier op die Olimpiese Spele gestel. Vincent (17), ´n Graad 11-leerder van Hoërskool Louis Trichardt, is gekies as Senior Proteaskut en gaan van 15 tot 25 Oktober in Egipte deelneem vir ‘n kwotaplek by die Olimpiese Spele wat in 2012 in Londen sal plaasvind. Vincent is nog ‘n junior, maar is vir die Senior Proteas gekies. Die Junior Proteaskuts gaan ook in Egipte deelneem, maar hulle ding mee vir die 2011 Afrika-titel. Die Olimpiese presisie-afdeling is waar Vincent feitlik altyd in die kol is. Sy beste vertoning vanjaar was 584 uit ‘n moontlike 600 punte. By die onlangse Oranjevaal Ope in Vanderbijlpark het Vincent oudergewoonte die eersteplek losgeskiet. Hy is gekies vir die Proteaspan op grond van sy laaste vyf vertonings, sowel as sy vertoning in Duitsland vroeër vanjaar. “Ek wou so graag die groen en goud laasjaar behaal en ek het. Nou wil ek baie graag gekies word vir die Olimpiese Spele,” sê Vincent.

 

Written by

Linda van der Westhuizen

Linda van der Westhuizen has been with Zoutnet since 2001. She has a heart for God, people and their stories. Linda believes that every person is unique and has a special story to tell. It follows logically that human interest stories is her speciality. Linda finds working with people and their leaders in the economic, educational, spiritual and political arena very rewarding. “I have a special interest in what God is doing in our town, province and nation and what He wants us to become,” says Linda.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines