

ADVERTISEMENT:

Sport Date: 22 September 2011
Na ‘n manjifieke vertoning teen Hoërskool Pietersburg in die semi-finale wedstryd, dring die O/19-meisieskrieketspan van Hoërskool Louis Trichardt deur na die finaal van die liga.
Dit is nog nie bekend wie hulle opponente sal wees nie.
Die semi-finaal is op 17 September op Louis Trichardt se tuisveld beslis. Triegies wen die loot en kolf eerste. Die span se bobaas kolwer, Jessica McMurtrie, slaan 149 lopies (nie uit nie) van 189 balle af. Dit is dan ook geen verrassing dat Jessica as Speler van die Wedstryd aangewys is nie. Amorien Venter en Talita Kloppers is ook vaardig met die kolf en teken onderskeidelik 49 (84 balle) en 38 lopies (49 balle) aan.
Triegies teken 394 lopies vir die verlies van ses paaltjies in hul 50 beurte aan.
Pieties word daarna gemaklik uitgehaal vir 47 lopies in 17.4 boulbeurte. Talita Kloppers neem drie paaltjies vir die verlies van drie lopies in 4 beurte. Ander boulers wat vermelding verdien is Richelle Lambert (3 vir 19 in 5) en Heidi-lene Jonck (2 vir 9 in 3).
Louis Trichardt wen dus die semi-finaal met ‘n allemintige 347 lopies.
Die span en afrigter, me. Elsa Kriek, bedank die skeidsregter, mnr. Hercule Snyman, die ouers en ondersteuners, me. Rae McMurtrie vir versnaperings na afloop van die wedstryd en die borge, Brenner Meule en Water Madi Gra.
Linda van der Westhuizen has been with Zoutnet since 2001. She has a heart for God, people and their stories. Linda believes that every person is unique and has a special story to tell. It follows logically that human interest stories is her speciality. Linda finds working with people and their leaders in the economic, educational, spiritual and political arena very rewarding. “I have a special interest in what God is doing in our town, province and nation and what He wants us to become,” says Linda.

ADVERTISEMENT:
