

ADVERTISEMENT:

Sport Date: 03 October 2011
Vir die vyfde keer in ses jaar is die O/19-meisieskrieketspan van Hoërskool Louis Trichardt as provinsiale kampioene gekroon.
“Hierdie is die grootste oorwinning nog deur die meisies behaal,” sê afrigter Elsa Kriek en verwys na die finaal wat op 24 September in Polokwane teen Hoërskool Merensky gespeel is. Louis Trichardt het met tien paaltjies gewen. Dit is ook die derde keer hierdie jaar dat Merensky die knie voor die Triegie krieketmeisies moes buig, iets waarop die span baie trots is.
Die aand voor die wedstryd tref ‘n donderstorm Polokwane. Die blad was nie toegegooi nie en derhalwe word die finaal vertraag. Toe dit wel begin het, is dit na 42 boulbeurte verkort.
Louis Trichardt wen die loot en besluit om Merensky in te stuur om te kolf. Merensky word almal uitgehaal vir 142 lopies in 37 boulbeurte.
Vier boulers van Louis Trichardt blink uit. Heidi-lene Jonck trek vier paaltjies in ses boulbeurte vir die verlies van 16 lopies plat, terwyl Amorien Venter twee paaltjies laat kantel.
Triegies begin met hul kolfbeurt en moker die wenlopies in die 22ste beurt sonder verlies van ´n enkele paaltjie. Talita Kloppers teken 74 lopies vanaf 86 balle aan, terwyl Jessica McMurtrie 37 lopies vanaf 68 aanteken.
Talita word as Speler van die Wedstryd aangewys en neem die beker in ontvangs. Sy het die hele span se sentiment weerspieel deur die beker triomfantelik omhoog te hou en daarna ‘n soen te gee.
“Aan die einde van die seisoen wil ek baie dankie sê aan my mede-afrigters vir die ure wat julle saam met my deurgebring het en vir julle insette. Craig Viljoen, jou bydrae was van onskatbare waarde en elke dogter het gebaat by jou afrigting. Aan elke speler wil ek sê: jou harde werk is beloon en jou talente en vernuf is met elke wedstryd getoets,” het Kriek gesê. Verder word die ouers, borge en ondersteuners van harte bedank.
Linda van der Westhuizen has been with Zoutnet since 2001. She has a heart for God, people and their stories. Linda believes that every person is unique and has a special story to tell. It follows logically that human interest stories is her speciality. Linda finds working with people and their leaders in the economic, educational, spiritual and political arena very rewarding. “I have a special interest in what God is doing in our town, province and nation and what He wants us to become,” says Linda.

ADVERTISEMENT:
