ADVERTISEMENT:

 

Weer tyd vir Conway Rugbydag

 

Sport  Date: 13 February 2004

 

MAKHADO (LOUIS TRICHARDT) – Die jaarlikse SBP Conwaydag, met Soutpansberg Petroleum as hoofborg, sal vanjaar op 13 Maart plaasvind.

Die Conwaydag bied jaarliks aan rugbyliefhebbers 'n fees van rugby. Vanjaar se toernooi is geen uitsondering nie, met spanne van Louis Trichardt, Musina, Blouberg, Levubu en Polokwane wat gaan meeding.

Buiten vir die rugby, sal daar vanjaar ook 'n Mej. Conway-kompetisie wees. Dames tussen die ouderdomme van 17 en 25 jaar mag inskryf. Hulle moet egter ongetroud wees, sonder enige kinders. Inskrywings beloop R20 per persoon en kan verkry word van Marli van Schalkwyk by tel. 084 707 4803 of (015) 516 4948 tussen 08:00 en 16:00. Die sluitingsdatum vir inskrywings is 2 Maart.

Stalletjies sal ook tydens vanjaar se Conwaydag beskikbaar wees teen R150 per uitstalruimte. Uitstalruimte vir goedere en produkte sal op 'n first come, first served basis beskikbaar gestel word. Dit wil sê die eerste persoon wat byvoorbeeld 'n kerrie-en-rys stalletjie bespreek, sal alleenreg hê om kerrie-en-rys te verkoop. Advertensiespasie is ook beskikbaar binne die program teen R200 vir 'n volblad en R100 vir 'n halfblad. Die sluitingsdatum vir besprekings ten opsigte van stalletjies en advertensies sluit op 2 Maart.

Vir meer inligting, skakel Corrie Dercksen by tel. 083 300 9940. Meer inligting sal nader aan die tyd beskikbaar gestel word.

 

Written by

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines