ADVERTISEMENT:

 

CP van Wyk het die 40km-wedren voltooi in 01:47:26 en algeheel sesde geëindig.

Ayerton wen junior afdeling in Ranch-fietsren

 

Sport  Date: 18 November 2011

 

Die Soutpansberg se jong fietsryers het tydens Saterdag se bergfietswedren by The Ranch net buite Polokwane weer gewys dat hier volop plaaslike talent is en dat die sportsoort besig is om in gewildheid toe te neem.

Die wedren het by The Ranch hotel buite Polokwane begin en jaers kon kies tussen ‘n 70-, 40- en 10km-roete. Die 70km-roete was veral straf en het tot bo-op Ysterberg gestrek deur pragtige landskapstonele. Die versengende hitte het sake verder bemoeilik, veral vir die minder fikse jaers, wat meer as vyf ure geneem het om die roete te voltooi.

Dit was die eerste jaar dat die resies aangebied is en die algemene gevoel onder die fietsryers was dat dit die potensiaal het om te groei tot een van die grotes in die land. Die roete was besonders goed uitgemerk en het die vernuf sowel as uithouvermoë van die fietsryers beproef.

Die 70km-wedren is deur Jacques Fullard gewen in ‘n tyd van 03:08:00. Bas Rennings was die eerste fietsryer van Louis Trichardt oor die wenstreep, in 03:34:19 in die algehele 6de plek. Nog ‘n plaaslike jaer, Hardus Joubert, was kort op sy hakke in die sewendeplek in ‘n tyd van 03:37:35. Ayerton du Randt het geëindig in 03:39:16 vir ‘n 9de plek. Ayerton was die eerste junior fietsryer tuis

Ander plaaslike fietsryers wat die roete voltooi het, was Marius Smit (04:27:15), Mike Henning (04:35:19) en Mark Archer en Anton van Zyl op ‘n tandem in 05:07:43. Shaun Constable moes onttrek nadat hy tegniese probleme met sy fiets ondervind het.

In die 40km-roete het die jong plaaslike fietsryers hul staal gewys. CP van Wyk was die eerste jaer van die Soutpansberg-groep oor die wenstreep in ‘n tyd van 01:47:26. Dit het aan hom ‘n algehele sesde plek besorg en hy was ook die tweede junior tuis. Christopher Barrett het tiende geëindig in ‘n tyd van 01:51:20.

Ander plaaslike ryers wat die roete voltooi het, was Christiaan Roos (02:05:02) en Riaan de Swardt (02:23:45).

 

Written by

Anton van Zyl

Anton van Zyl has been with the Zoutpansberger and Limpopo Mirror since 1990. He graduated from the Rand Afrikaans University (now University of Johannesburg) and obtained a BA Communications degree. He is a founder member of the Association of Independent Publishers.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines