ADVERTISEMENT:

 

 

Koos Bergman se gladde praatjies

- Date: 24 July 2014

Written by: Isabel Venter / Viewed: 8426

Please be patient while the video is loading.

Danksy Camp World, wat verlede week besighede gewaarsku het, is die gladdebek “oom Koos Bergman” se slimpraatjies hier in Makhado (Louis Trichardt) lelik in die wiele gery.

Die Zoutpansberger het verlede week berig oor ‘n middeljarige oom wat hom aan plaaslike besighede as Koos Bergman voorstel en hulle dan telefonies met slimpraatjies van duisende rande besteel.

Maandag het ‘n middeljarige man, wat homself as die einste Koos Bergman voorgestel het, vir Barry van Burick, ‘n verkoopsman by Tyre Rack op die dorp, geskakel. Hy het ‘n bestelling vir agt vragmotorbande geplaas. (Lees die volledige storie)

 
 

Written by

by: Isabel Venter

 

ADVERTISEMENT: