ADVERTISEMENT:

 

FOTO'S: Tweede ronde van Limpopo XCO laat trappers sweet (5 Maart 2022)

- Date: 10 March 2022

Written by:  / Viewed: 8290

Search for a story:

 

Oud-Triegie, Kombo Bere, in aksie tydens die tweede ronde van die Limpopo XCO op Louis Trichardt die afgelope naweek. Foto: Anton van Zyl.

Die tweede ronde van die Limpopo XCO-bergfietsliga is die afgelope naweek in die Komatiland-plantasie buite Louis Trichardt beslis.

Alhoewel die baan uitdagend was, het baie van die ryers ná die tyd opgemerk dat hulle dit baie geniet het. Genoeg op- en afdraandes het mekaar uitgebalanseer en die tegniese gedeeltes het sommige ouers hulle naels laat kou. Beide Laerskool en Hoërskool Louis Trichardt het uitstekende uitslae gelewer in die onderskeie ouderdomsgroepe.

Wat Laerskool Louis Trichardt se uitslae betref, was Elana Burger eerste in die sub-Nippers-afdeling (o.8) vir meisies, terwyl Christiaan Odendaal eerste was by die seuns in dieselfde ouderdomsgroep. In die Nippers-afdeling (o.10) vir seuns het Mauritz Meiring derde plek gekry, met Daniel George ‘n sewende plek in die Sprogs-afdeling (o.12) vir seuns. Wian Joubert was negende in dieselfde ouderdomsgroep. In die sub-junior (o.14) afdeling vir seuns was Gerhard Furstenberg 12de, Peroux du Preez 14de en Leander Schoerie 18de.

Hoërskool Louis Trichardt se fietsryers het ook uitgestaan. In die Youth-afdeling vir meisies het Jenna Adlam ‘n vyfde plek ingepalm, met spanmaat Junèl Joubert wat sesde was. Wat die afdeling vir junior meisies betref, was Mieke Veldsman tweede.

In die Youth-afdeling vir seuns was Triegies se Nduvo Mudugwe vierde, met spanmaat Marco Nortjé wat negende klaargemaak het. Junior Schoeman kon ongelukkig nie die wedren voltooi nie. In die afdeling vir junior seuns was Jacques du Preez sesde.

Meegaande foto's is geneem deur die Zoutpansberger se Anton van Zyl.

 

ADVERTISEMENT