

ADVERTISEMENT:

News Date: 05 April 2013
Die Staatsveearts het vasgestel watter tipe gif gebruik is om twee gesinne van Makhado (Louis Trichardt) se liefling troeteldiere te vergiftig.
Volgens die verslag is die Loots-gesin se twee honde, Rassie en Vlekkie, vergiftig met strignien. Beide honde is op dieselfde dag (1 Maart) vergiftig en is binne minute van mekaar dood. Die volgende dag is hul bure, die Bronkhorst-gesin, se Yorkie, Giesela, ook vergiftig.
Die Yorkie, wat aan Ria Bronkhorst behoort het, het haar dogter Marisa aan die duim gebyt en veroorsaak dat Marisa ook siek geword het. Hulle het nie vir Giesela gevat vir ‘n nadoodse ondersoek nie.
Die Loots-gesin was hartseer toe hulle die verslag van die veearts teruggekry het. Die gesin het intussen die verslag onder die polisie en die plaaslike Dierebeskermingsvereniging (DBV) se aandag gebring. “Die gif is onwettig en kan net in Zimbabwe gekoop word. Ons hoop om die verantwoordelike persoon gou te vang en tot verantwoording te bring,” het mnr. Jan Loots gesê.
Volgens ‘n Internetsoek is strignien ‘n vinnig-dodende gif wat meestal gebruik word om van ongewenste plaagdiere ontslae te raak en veroorsaak ‘n pynlike dood. Dit is ‘n uiters giftige indool-alkaloïed wat van die gifmoerboom se sade gemaak word en dood kom vanweë verstikking of versmoring.
Mnr. Lawrence Khodobo, plaaslike DBV-inspekteur, het bevestig dat hulle bewus is van die verslag en die saak ondersoek.
Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

ADVERTISEMENT:
