ADVERTISEMENT:

 

Wyle tannie Marthie Heinlein (95). Foto verskaf.

Ystervrou van die Bosveld oorlede

 

News - Date: 26 April 2024

Agter die Soutpansberg het almal gepraat van die “Ystervrou van die Bosveld”. Sy was tant Marthie Heinlein wat Sondag, 21 April, oorlede is in die rype ouderdom van 95 jaar.

Martha Catherina Cornelia Heinlein (née Venter) is op 5 Februarie 1929 op die plaas Eyam, Blouberg, gebore, waar sy ook grootgeword het. Sy het skoolgegaan by Vivo Laerskool en Pietersburg Hoërskool.

In 1947 is sy met T. H. G. (Theodorus Hermanus Gerhardus) Heinlein getroud. Drie kinders is uit die huwelik gebore, naamlik Theo (oorlede), Nelia (Erasmus) en Hannie (Nel).

Ná hulle huwelik het hulle op die plaas Santer geboer, wat reeds in 1920 deur tant Marthie se skoonpa, ook T. H. G. Heinlein, aangekoop is. Hy was ‘n seun van bekende Voortrekker-heldin, Dina Fourie, wat ná baie ontberinge getroud is met ‘n Switser, Georg Johann Heinlein.

Tant Marthie se jongste dogter, Hannie (Johanna Margaretha), vertel dat haar pa die plaas Santer in 1947 aangekoop het. Vanaf 1959 was hulle woonagtig op Brombeek (Alldays-area). “My pa is in 1983 oorlede, maar my ma was tot en met haar afsterwe steeds woonagtig op Brombeek. Vanaf 1973 het my ouers op die plaas Gotha geboer. Ná sy afsterwe het my ma (vir 41 jaar) alleen voortgegaan met die boerdery en was sy aktief betrokke by alle aspekte daarvan. Haar beeste was haar trots. Sy het ook steeds self motor bestuur. Gedurende hierdie tyd het sy die plaas uitgebrei deur akkommodasie op te rig, wat nou bekend staan as Abend Ruhe Gotha Lodge. Sy het vir ‘n hele paar jaar die lodge self bestuur.”

Hannie vervolg: “Op 85-jarige ouderdom het sy geval en kon nie meer self motor bestuur nie, maar was steeds betrokke by die boerdery. Ons het my ma steeds vervoer na die beeste, of waar sy ook al dié betrokke dag wou werk – loopraam en al. Daar het sy dan met haar strooihoed en langmou kakiehemp soms ‘n hele dag lank gewerk.”

Hannie vertel dat haar ma die afgelope 19 maande ‘n paar beroertes oorleef het, maar dit het haar hulpeloos gelaat. Hannie het haar tot en met haar afsterwe versorg. “Sonder Nonsi, Sarah en Pinky se hulp, sou ek dit nie kon doen nie – ek wil vir hulle baie dankie sê,” sê Hannie. “My ma het reeds van die vroeë ouderdom van 41 jaar hartprobleme en ander gesondheidsuitdagings gehad. Daar was vir seker redes waarom sy só lank gespaar is: sy was die rots van die familie. Sy het almal altyd bymekaargehou. Dit was vir haar baie belangrik dat almal moet saamstaan en mekaar moet liefhê. Sy het nooit ‘n geleentheid laat verbygaan om Evangelisasiewerk te doen nie. Sy sou selfs wanneer sy in die kroeg by die lodge werk, met mense daaroor gesels. ‘n Jong Amerikaner het haar per geleentheid drie-uur in die oggend geskakel en gevra ‘I want Ouma’!”

Tant Marthie was bekend vir haar welwillendheid. Sy sou nie Alldays toe gaan om voer te koop sonder om by iemand aan te gaan en te verneem hoe dit met daardie persoon of gesin gaan nie.  “Mense het haar waardeer en deurentyd het sy besoek ontvang – selfs van baie jonger mense wat haar geken het. My ma het altyd veilings bygewoon. Daar sou selfs vreemdelinge kom kennis maak en groet,” sê Hannie.

Tant Marthie het al die jare voluit gewerk, nie vir haarself of tot haar eie voordeel nie, maar vir haar nageslag. Hannie maak die opmerking dat haar ma ‘n absolute voorbeeld was: ‘n rots in geloof, ten opsigte van werk, asook stamina. “As iemand in die familie sou lui wees, is dit beslis nie my ma se skuld nie! Van haar laaste hoorbare woorde het onder meer die volgende ingesluit: ‘Daar is nie baie dae oor nie. Julle moet regmaak wat verkeerd is en mekaar liefhê’.”

Tant Marthie laat haar twee dogters, 10 kleinkinders, 21 agterkleinkinders en een agter-agterkleindogter (gebore Maart 2024) agter. Die familie het ‘n woord van dank uitgespreek teenoor almal wat só getrou vir tant Marthie bygestaan het en met alles gehelp het. Daar word eerskomende Saterdag, 27 April 2024, ‘n teraardebestelling gehou op Lapa Moyo, Heinlein Kerkhof, gevolg deur ‘n begrafnisdiens op Brombeek.

 

 

Written by

Pétria de Vaal

Email: [email protected]


Search for a story:

 

ADVERTISEMENT

 

Recent Articles

Moyo starts a new life by selling his jujube

News: 31 August 2024

The economic conditions in Zimbabwe forced Tanaka Moyo (40) to legally seek greener pastures in Musina. He opted for a unique business plan, selling the wild jujube fruit to make a living. The fruit, called masau in Shona, is better known as mazwilu in Tshivenda.

Makonde women make jam from wild fruits to help create jobs

News: 31 August 2024 By Victor Mukwevho

As the unemployment rate in South Africa continued to rise, a group of women from Makonde village decided to start a community-based project to create job opportunities for themselves. However, it is very difficult to continue with the project without support from the government or the private sector.

At age 104, war veteran Sadiki only wishes for a toilet inside his house

News: 31 August 2024 By Maanda Bele

At the age of 104, William Masindi Sadiki still has many stories to tell. Some of these are about his experiences during World War II, when he was part of the North Africa campaign. He is one of the few black soldiers from that era still alive, and he proudly pins his war medals on his chest on formal occasions.

Rivoni School for the Blind nearing completion - at last

News: 31 August 2024 By Thembi Siaga

The Rivoni School for the Blind in in Njakanjaka village in the Vhembe District has 167 learners from Grade R to Grade 12. The school was started in 2016 by the Rivoni Society for the Blind, founded in June 1975 at Elim Hospital by late Swiss doctor Erwin Sutter. The society later transferred responsibility for the school to the Department of Education.

 

ADVERTISEMENT: