ADVERTISEMENT:

 

Die 41-jarige Catrien Gerritsen van Waterpoort.

Jou ondersteuning kan Catrien 'n plek by die Jopie Fees besorg

 

Opkomende plaaslike sangeres Catrien (Gerritsen) van Waterpoort het haar oog op deelname aan vanjaar se Jopie Fees wat 27 Julie vanjaar by die Voortrekker Monument aangebied word, maar sy het die gemeenskap se sosiale media ondersteuning nodig.

As deel van die Jopie Fees word een van 10 opkomende kunstenaars gekies om saam met van die land se top name in die vermaaklikheidsbedryf op te tree.. Vanjaar se lys van kunstenaars sluit in Kurt Darren, Jo Black, Droomsindroom, Loufi, Dirk van der Westhuizen, Lianie May, Nicolas Louw, Liezel Pieters, Gerhard Steyn en Steve Hofmeyr.

Catrien wil vanjaar een van die 10 wees wat die kans staan om op te tree tydens die fees. Om vir haarself ‘n plek te verseker, sal die beoordelaars kyk na die ondersteuning wat sy geniet op sosiale media platforms soos Instagram, Tik-Tok en Facebook. Sy het reeds ‘n aanlyn-teenwoordigheid op elk en nooi die publiek uit om haar beter te leer ken deur die skakels te gaan besoek by Facebook, TikTok of Instagram.

“Dit is nog altyd my passie om die vermaaklikheidswêreld te betree, van skool af al. Daar het ek geleer om klavier, kitaar en tromme te speel, asook begin sing,” het Catrien gesê. Sy vind trots daarin dat sy haar eie skryfwerk doen vir haar musiek.

Catrien het haar skoolloopbaan by Laerskool en Hoërskool Louis Trichardt voltooi. “Kuns en musiek is in my bloed,” vertel die 41-jarige Catrien. Sy het in haar vroeë twintigerjare die vermaaklikheidswêreld aangedurf. “Maar dit is bitter moeilik, veral in die Kaap. In ‘n stadium besef mens jy moet werk om te lewe en het ek my drome bietjie op die rak gesit. Die ekonomie van vandag laat nie altyd toe dat jy jou drome kan uitleef nie,” het Catrien gesê. Intussen het Catrien op haar skryfwerk gekonsentreer en ‘n bundel met kortverhale, “Rooseveldt Cronicles”, gepubliseer. Een van haar gedigte is ook opgeneem vir publikasie deur Kreatio.

“Maar nou het ek besluit dit is tyd,” het ‘n opgewonde Catrien gesê. Haar inskrywing kan gesien en beluister word by bogenoemde skakels. Die lied “Sonneblom” wat sy sing, is ook deur haar geskryf.

“Dit is ‘n geleentheid van ‘n leeftyd,” het Catrien gesê, ‘n boodskap wat sy ook op die musiekvideo herhaal. “Ondersteun my asseblief sodat ek my droom kan bewaarheid en dat ek darem ook kan help om Louis Trichardt op die ‘map’ te sit,” het Catrien gesê.

Om Catrien hierdie kans te gee, gaan besoek die skakels, “like” die inhoud en indien jy wil of kan, “share” dit ook net familie en vriende. Catrien se video kan ook gesien word op die Jopie Fees se amptelike TikTok, Instagram en Facebook-bladsye. Die sluitingsdatum vir jou steun is 19 Julie. “Die hoeveelheid ‘likes’ en ‘shares’ is kritiek om my in die top 10 te kry,” het Catrien gesê.

 

News - Date: 09 May 2024

Recent Articles

Search for a story:

 
 

ADVERTISEMENT

 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

Email: [email protected]

ADVERTISEMENT: