ADVERTISEMENT:

 

Wyle mnr. Jan Coetzee (76). Foto verskaf.

Jan Coetzee oorlede

 

Vriende en familie het die afgelope week met hartseer afskeid geneem van mnr. Jan Coetzee van Louis Trichardt wat op 11 Januarie in die Louis Trichardt Gedenkhospitaal oorlede is. Hy was 76 jaar oud.

Jan was sedert 1987 ‘n inwoner van Louis Trichardt en het vir jare op Lugmagbasis Makhado gewerk en daarna by Bearing Man in die dorp. Jan, wat moes aftree na ‘n beroerte, se gesondheid het die afgelope paar jaar baie agteruit gegaan.

‘n Geslote dankdiens word Saterdag, 19 Januarie, op sy broer Dirk se plaas Akker Den op Fochville gehou. Hy word oorleef deur sy eggenote Arina, seun Fanus, skoondogter Ria en vier kleinkinders.

Die familie het hul dank uitgespreek teenoor die personeel van die Louis Trichardt Gedenkhospitaal en Frikkie de Lange van El Shaddai Begrafnisonderneming vir hulle hulp en omgee.

News in brief - Date: 18 January 2019

Recent Articles

Search for a story:

 
 

ADVERTISEMENT

 

Email:

ADVERTISEMENT: