ADVERTISEMENT:

 

Die strate om die magistraatskantore in Louis Trichardt is verlede Donderdag afgekordon na ‘n “bomontploffing”. Dit was egter net ‘n oefening gewees om die polisie, asook plaaslike nood- en reddingsdienspersoneel, se gereedheid te toets.

“Bomontploffing” net ‘n oefening

 

Gerugte van ‘n bomontploffing by die magistraatskantore in Louis Trichardt verlede Donderdag, 28 November, het talle inwoners op hol gehad.

Die gebied om die kantoor is afgesper met ‘n sterk polisieteenwoordigheid en nooddienspersoneel. Die “drama” was egter niks meer as ‘n oefening wat onder meer deur die polisie gekoördineer is om die hofpersoneel, polisie en nooddienste se gereedheid te toets in geval van ‘n werklike krisis. Lede van die Soutpansberg Dorpswag en plaaswagte se Landelike Veiligheidstruktuur het ook aan die oefening deelgeneem, asook die ambulansdienste, die verkeersowerhede en verteenwoordigers van plaaslike rampbestuur.

Mnr. Christo Snyman, hoof koördineerder van Soutpansberg Landelike Veiligheid, het ná afloop van die oefening gesê alles het goed afgeloop. “Maar daar is nog baie om te leer,” het Snyman gesê. Hy het bygevoeg dat daar ‘n goeie gesindheid geheers het tussen al die betrokke persone en instansies. Hy het gesê dat daar in ‘n krisissituasie nie tyd is om met mekaar te verskil nie. “Dit was nodig gewees en ek dink daar moet meer sulke oefeninge wees,” het Snyman gesê.

 

News in brief - Date: 07 December 2019

Recent Articles

Search for a story:

 

‘n Skare mense vergader om die magistraatskantore in Louis Trichardt ná ‘n “bomontploffing” verlede Donderdag. Dit was egter net ‘n oefening om personeel se gereedheid in ‘n krisissituasie te toets.

Lede van die Soutpansberg Dorpswag en plaaswagte se Landelike Veiligheidstruktuur het ook aan die oefening deelgeneem, asook die ambulansdienste, die verkeersowerhede en verteenwoordigers van plaaslike rampbestuur.

 

ADVERTISEMENT

 

Email:

ADVERTISEMENT: